Die Oscarbekroonde regisseur Clint Eastwood (88), pa van agt, en die rolprentvervaardiger Noor Alfallah (23) is afgeneem waar hulle saam wegry ná ’n ete-­afspraak by Craig’s, ’n gewilde kuierplek vir bekendes in Wes-Hollywood.

Die twee is enkele dae tevore saam met Noor se ouers buite Nobu Malibu gewaar, maar sy hou vol hulle is net vriende.

“Daar is geen verhouding nie; ons is nie ’n paartjie nie. Daar is geen verhouding nie,” het Noor aan die Daily Mail gesê.

“Ons is familievriende en my familie was daar, en dis dit. My ouers was daar; ander vriende was daar. Glo my, daar ?is geen verhouding nie.”

Clint Eastwood (88) en die rolprentvervaardiger Noor Alfallah (23) is afgeneem waar hulle saam wegry ná ’n ete-­afspraak. Foto: Gallo Images/Getty Images
Clint se agt kinders by die première van sy fliek
Clint se agt kinders by die première van sy fliek The Mule. Van links is Kimber Lynn (54), Kyle (50), Francesca (25), Alison (46), Kathryn (30), Laurie (64), Morgan (22) en Scott (32). Foto: Rex Features

En op ’n vraag oor wie nou die man in haar lewe is, het Noor – wat voorheen met Mick Jagger (75), sanger van die Rolling Stones uitgegaan het – geantwoord: “Geen kommentaar.”

Hoe lui die idioom? Waar ’n rokie trek . . .