Die voormalige lid van One Direction onderhandel glo om Ariel se geliefde prins Eric in die lewende aksie-weergawe van The Little Mermaid te speel. Die sanger is in die eerste fase van onderhandelings om die ikoniese rol te vertolk en is glo die gunsteling, berig The Guardian

Harry (25) sal teenoor Halle Bailey speel – wie se musiekloopbaan deur die sangeres Beyoncé ondersteun word – en Melissa McCarthy gaan glo Ursula speel.

View this post on Instagram

dream come true... ????‍???? #thelittlemermaid

A post shared by chloe x halle (@chloexhalle) on

Halle en moontlik Harry in die hoofrolle is dalk ’n aanduiding dat rolprentmakers die musiek die sentrale fokus in die klassieke Disney-verhaal wil maak, berig  Hollywood Reporter

Rob Marshall, die regisseur van Mary Poppins Returns, sal die regie behartig. Die nuwe Disney-weergawe sal na verwagting in 2020 uitgereik word en sal musiek van die oorspronklike 1989-animasiefliek asook nuwe musiek van Lin-Manuel Miranda en Alan Menken bevat, berig CBS news

Harry het nog nie die nuus in die sosiale media bevestig nie.

Bronne: The Guardian, Hollywood reporter, CBS news