Die amptelike lokprent vir Bombshell het die eerste blik op Charlize Theron en Nicole Kidman se ongelooflike transformasies as die Amerikaanse TV-joernaliste Megyn Kelly en Gretchen Carlson onthul. 

Die kragduo vergader in 'n hysbak langs Margot Robbie, wat 'n fiktiewe karakter speel, en die stilte is oorverdowend. 

Maar dit is veral Charlize wat die tonge laat klap het. 

Van haar kort, blonde kapsel tot die kenmerkende grys rok, het dié Oscar-bekroonde aktrise heeltemal 'n gedaanteverwisseling vir hierdie rol ondergaan.

Dié fliek vertel die verhaal van vroulike Fox News-personeel en hul interaksie met die stigter, Roger Ailes, wat tot sy ondergang gelei het. 

Roger was die voorsitter en uitvoerende hoof van Fox News en Fox Television Stations. Hy het in Julie 2016 bedank nadat bewerings van seksuele teistering teen hom aan die lig gekom het.

Charlize het onlangs vertel hoe haar vertolking van Meghan haar beter begrip van die TV-persoonlikheid in die skandaal verleen het. 

“Ek het nie geweet hoe ingewikkeld haar situasie was nie. Baie mense het vrae oor hoekom sy nie net gepraat het nie,” verduidelik Charlize.

“Sy was op 'n ingewikkelde plek, en as ’n mens het ek empatie daarvoor. Ek dink nie baie mense het dit regtig verstaan nie,” berig The Guardian.  

Bombshell word op 20 Desember vrygestel.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.