Jason Sudeikis en Olivia Wilde se paadjies het vol
Jason Sudeikis en Olivia Wilde se paadjies het volgens bronne aan die begin van 2020 geskei. Foto: Getty Images/Gallo Images

’n Bron na aan die uiters privaat Hollywoodsterre het verklap hulle is uitmekaar. Olivia (36) en Jason (45) het mekaar ontmoet by die slotpartyjie vir Saturday Night Live en in 2011 begin uitgaan nadat albei eers deur egskeidings is.

“Ek is so dankbaar vir die pyn en die gebroke hart. Dit het my die moed gegee om my tasse te pak en het vir my die groot liefde van my lewe gebring,” het die aktrise destyds gesê.

En nadat hy “salig, hoopvol en passievol verlief geraak het”, het Jason ’n jaar later die groot vraag gevra.

Hulle het ’n sesjarige seun, Otis, en ’n vierjarige dogter, Daisy. Die paartjie het nog nie kommentaar gelewer oor hul paaie wat geskei het nie. Hulle fokus vir eers op hul kinders se welstand, sê ’n vriend.

Die akteurspaartjie Olivia Wilde en Jason Sudeikis
Die akteurspaartjie Olivia Wilde en Jason Sudeikis saam met hul kroos, Daisy en Otis. Volgens bronne het hul paadjies ná sewe jaar geskei en is die skeiding “vriendskaplik” omdat die kinders hul prioriteit is. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Daar was geen drama of skandaal nie; hulle het net nie meer as paartjie gewerk nie,” het die bron bygevoeg. “Die skeiding het aan die begin van die jaar gebeur. Dis vriendskaplik en hulle het ’n wonderlike gesamentlike roetine as ouers. Die kinders is die prioriteit en die hart van die gesin se verhouding.”


BRONNE: PEOPLE.COM, PAGESIX.COM, DAILYMAIL.COM, ELLE.COM, VOGUE.COM