Weens dié bewerings het die program die afgelope maand sy swakste kykertal in 17 jaar gehad.

Sal Ellen haar tassies moet pak? En wie sal dan haar plek inneem?

Vroeër vandeesmaand het die kletsprogramaanbieder in ’n verklaring gesê sy het aanvanklik belowe haar program “sou ’n plek van geluk wees – niemand sou ooit hul stem verhef nie, almal sou met respek behandel word. Iets het duidelik verander, en ek is teleurgesteld om te hoor dit was nie die geval nie. En daarvoor is ek jammer.”

Maar die verskoning is vinnig opgevolg deur ’n vingerwysery na haar omdat sy nie besef het wat aangaan nie – of, erger nog, haar oë daarvoor gesluit het.

Hedda Muskat, ’n voormalige vervaardiger, het vroeër die maand die nuus gehaal toe sy beweer het sy is “emosioneel mishandel” terwyl sy aan die program gewerk het.

“Wanneer jy byvoorbeeld in Ellen se kantoor instap om oor werk te praat, was daar altyd ’n gegrom en het sy my aangejaag. Ek het altyd gevoel ek was nooit welkom in haar kantoor nie,” vertel Hedda.

Volgens haar is sy later aangesê om geensins Ellen se kantoor binne te gaan nie. Die voormalige werknemer het ook gesê Ellen (62) is ’n “gatkruiper” wat net van beroemdes hou.

“Sy was nie gaaf met mense nie. Die enigstes met wie sy wel vriendelik was, was die A-lys-rolprentsterre.”

Hedda se opmerkings kom nadat ’n aantal van Ellen se bekende pelle onlangs vir haar in die bres getree het.

Die sterre aan Ellen se kant

Diane Keaton

Foto: Getty Images/Gallo Images
Foto: Getty Images/Gallo Images

“Ek het nog altyd my besoeke aan die program geniet. Ek het gesien hoe die gehoor geluk en dankbaarheid uitstraal," vertel die aktrise.

Kevin Hart

Foto: Getty Images/Gallo Images
Foto: Getty Images/Gallo Images

“Dis vreemd om te sien waardeur my vriendin in die openbaar gaan. Ek ken Ellen al jare en kan eerlikwaar sê sy is een van die koelste mense op die f***** planeet," meen die komediant en akteur.

Alec Baldwin

NEW YORK, Foto: Getty Images/Gallo ImagesYORK - AP
Foto: Getty Images/Gallo Images

“Mense in die vermaakbedryf kan soms te ver gaan in die najaag van ’n kreatiewe of kommersiële doelwit – nietemin was The Ellen Degeneres Show altyd gaaf met my," vertel die akteur.

Ashton Kutcher

Foto: Getty Images/Gallo Images
Foto: Getty Images/Gallo Images

“Sy het nooit glansmense probeer behaag nie, en dis iets wat ek altyd as verfrissende eerlikheid beskou het," sê die ster van die sitkom Two and a Half Men. "As dinge nie reg is nie, hanteer sy dit en stel dit reg.

Katy Perry

Foto: Getty Images/Gallo Images
Foto: Getty Images/Gallo Images

“Ek weet ek kan nie namens enigiemand anders se ervaring behalwe my eie praat nie, maar ek wil erkenning gee daaraan dat ek altyd net positiewe ervarings van my tyd saam met Ellen gehad het," vertel die sangeres en American Idol-beoordelaar.

Bronne: THESUN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, 7NEWS.COM.AU, METRO.CO.UK, USATODAY.COM, DAILYMAIL.CO.UK,  HOLLYWOODREPORTER.COM, PEOPLE.COM, USMAGAZINE.COM