"Ek kan nie glo dis al ’n jaar nie! Ek kyk terug op hierdie jaar en ek is verstom oor hoe sterk ons liefde geword het en nou wag ons geduldig vir die koms van ons grootste seëning nog wanneer ons gesin uitbrei van twee na drie," het Charlene, wat tans swanger is met haar en Jacques se eersteling, by die video geskryf. Hul kleinding word in Maart gebore.

"Jy is my droomprins, my ridder, steunpilaar, beste vriend en vertroueling en een van die dae die beste pappa in die wêreld. Ek is so opgewonde vir die volgende hoofstuk in ons boek van liefde!" lui haar inskrywing verder.

Jacques en Charlene is in Januarie 2019 op ’n landgoed in die Hemel-en-Aarde Vallei naby Hermanus getroud, kort nadat die area onder ’n verwoestende brand deurgeloop het. 

Jacques en Charlene, 'n plaaslike handelsmerkbestuurder van die Italiaanse Campari-groep, is deur 'n gemeenskaplike vriend aan mekaar voorgestel, het hy al aan die tydskrif Sarie vertel.

Ses jaar later het hy haar op Facebook gekontak. "Ek het my ma gebel, daar is 'n man, sy naam is Jacques, sy van begin met 'n K en hy is een of ander sportman," het Charlene aan Sarie vertel. Toe hoor sy hy is 'n krieketlegende.

Hulle het in September 2014 op hul eerste afspraak gegaan en vyf jaar later was hulle getroud. Nou is Charlene swanger met hul eersteling.

Sy het op 16 Oktober op Jacques se 44ste verjaardag en hul vyfde herdenking as paartjie 'n spesiale video met foto's van hulle saam op Instagram gedeel.

"Wanneer jou man alles het en jy loop uit idees oor wat om hom op sy verjaardag en ons vyfde herdenking te gee. Wat 'n reis was dit sover! Super opgewonde vir die nuwe hoofstuk in ons lewens," het sy geskryf.

Aan die einde van die video het sy 'n sonarfoto gedeel en onthul sy is swanger en hul baba word in Maart gebore.

Charlene het in November verlede jaar ’n foto van haar babamagie gedeel toe sy en Jacques die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith en sy liefie, Romy Lanfranchi, se troue bygewoon het.

Jacques het dieselfde foto gedeel en daarby geskryf: "Die drie van ons by die Smith-troue!"

In ’n Instagram-plasing kort na Kersfees het Charlene ook genoem hoe haar dokter haar aangesê het om "alle Kersfees en vakansieplanne te kanselleer, horisontaal vir die meeste van die dag te bly en binne 30 minute van die hospitaal af te wees in geval die baba besluit om vroeg te kom". 

"Met die hulp van my wonderlike ma en pragtige skoonsuster het ons die spesiaalste paar dae gehad," het Charlene geskryf by 'n foto van haar en Jacques wat voor 'n Kersboom poseer.

"My ma het die meeste van die voorbereiding gedoen, al die kruideniersware gekry, 'n paar ekstra bygeregte voorberei, die tafel gedek (die boomversierings het tafelversierings geword) en al die geskenke toegedraai."

Sy het ook verklap dat Jacques op "kookdiens" was. "Ek het nie 'n vinger opgelig nie!" het Charlene laat hoor.

View this post on Instagram

The last few days have truly reminded me again how blessed & fortunate we are and how much I have to be grateful for! This festive season also just proved that I can’t always plan every second of my life...it was a hard pill to swallow for my little OCD heart.?? Dr’s orders...”cancel all Christmas & holiday plans, remain horizontal for most part of the day and stay within 30 minutes of the hospital in case this baby decides to make an early appearance”. Needless to say, I was NOT prepared to host any Christmas festivities. But...with the help of my amazing mom & beautiful sis-in-law we had the most special couple of days. My mom did most of the prep, got all the groceries, prepared a few side dishes, set the table (tree decorations became table decorations??) & wrapped all the gifts. Janine & Ouma Desiree took care of everything on the day (including a clean house afterwards??) whilst Jacques was on cooking duty - I did not have to lift a finger! It truly was a family effort and I’m feeling eternally grateful! So this post is for all of you, to say thank you?? I love you all so much!!!! After all, this is what Christmas is about...spending time with loved ones and remembering the true meaning of why we celebrate this day! . So from our family to yours, Merry Christmas! May this new year bring you oodles of love, joy & happiness! . . . #Christmas #Christmas2019 #ChristmasCelebrations #ChristmasFestivities #Family #Friends #IAteTooMuch @janinekallisscholtz @juanscholtz @scholtzdesiree2gmail.com_ @jacqueskallis @drbrownssa

A post shared by Charlene (Engels) Kallis (@charlenekallis) on

Ekstra bronne: TimesLive, SARIE