Dylan Emslie en sy verloofde Candy Benson
Dylan Emslie en sy verloofde, Candy Benson. Foto: Elzie Viljoen

Dylan beplan al die afgelope drie maande hoe hy sy meisie van die afgelope twee jaar gaan vra om te trou. Toe die groot dag eindelik aanbreek, het hy alles vergeet wat hy wou sê en eerder uit die hart begin praat, vertel Dylan aan Huisgenoot. 

“Die musiekvideo was vir Candy se nuwe enkelsnit "7 dae in die somer" wat ons saam geskryf het. Die oorspronklike plan was om haar op Tafelberg te vra, maar weens die weerstoestande moes ek vinnig ’n plan B maak,” sê Dylan. 

Die paartjie op die stel van Candy se nuwe musiekv
Die paartjie op die stel van Candy se nuwe musiekvideo. Foto: Elzie Viljoen

En wat was sy plan B? Om haar tydens die verfilming van haar musiekvideo te vra om te trou met Tafelberg in die agtergrond. 

“Sy was eers geskok toe ek onverwags begin praat, en ek kon sien sy wonder wat ek besig is om te doen. Toe ek op my knie afsak, was daar net trane,” vertel die sanger. 

Dylan sê hy het dadelik geweet Candy is dié een vi
Dylan sê hy het dadelik geweet Candy is dié een vir hom. Foto: Elzie Viljoen

DIE EERSTE ONTMOETING

Dylan en Candy, wat in Krugersdorp woon, het mekaar vier jaar gelede vir die eerste keer ontmoet toe hy vir haar as ’n vryskut begin kitaar speel het toe haar kitaarspeler dit nie kon maak nie. 

“Ons het so lekker saam musiek gemaak dat ek toe permanent saam met haar opgetree het.”

View this post on Instagram

A post shared by Candy Benson (@candybbenson)

Hy het ook dadelik geweet sy is Die Een. 

“Sy was die een met wie ek alles eerste wou deel. As iets in my lewe gebeur, is sy die eerste een wat ek wil vertel. Benewens die feit dat sy beeldskoon is, ondersteun sy my in enigiets,” koer Dylan. 

dylan emslie, candy benson
Die paartjie is smoorverlief. Foto: Elzie Viljoen

Candy is op haar beurt ook mal oor haar verloofring. 

“Sy het gehelp met die ontwerp van die ring. Ek het gevoel omdat sy die ring moet dra, moet sy gelukkig wees daarmee. Ek het dit net geheim gehou wanneer ek sou vra,” keer hy vinnig. 

Om vir Candy eindelik sy verloofde te noem, is wonderlik. 

“Dit sit net onmiddellik ’n glimlag op my gesig as ek dink dat sy nou my verloofde is.” 

Hulle was alreeds twee jaar 'n paartjie voor Dylan
Hulle was twee jaar ’n paartjie voor Dylan die groot vraag gevra het. Foto: Verskaf

Die paartjie het nog nie op ’n troudatum besluit nie. “Ons het nog nie ’n vaste datum ingedagte nie, maar volgens my hoe vinniger, hoe beter,” vertel hy laggend. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe