DIE TV-AANBIEDER JANEZ VERMEIREN EN SY PA, JAN

Jan en Janez Vermeiren
Jan en Janez Vermeiren. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Hy’t my geleer om altyd nuuskierig te wees, vrae te stel, te lees en leer. Dit het my op my reise geweldig laat groei. 
  • Hy het my oorlaai met liefde in my grootwordjare, en dit het my geleer hoe belangrik dit is om tyd saam met my drie kinders deur te bring. 
  • Hy het my die waarde van ervarings en avonture bo materiële dinge geleer. My pa het altyd al sy geld gebruik om ons lewe te verryk deur reise en avonture.

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Ons liefde vir reis en avontuur. 
  • Ons hou ook van ’n goeie samesweringsteorie.

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Die belangrikste geskenk wat ons vir mekaar kan gee, is tyd. Noudat ek en my gesin terug is in Kaapstad, sien ons mekaar minstens twee keer per week.

DIE GEWESE BACHELOR MARC BUCKNER EN SY PA, MARCEL

Marc en Marcel Buckner
Marc en Marcel Buckner. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Wees onafhanklik.
  • Leer altyd uit lewenslesse.
  • Werk hard aan jou doelwitte.

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Die toewyding om iets uit elke lewensles te leer. 
  • Ons werketiek en ook ons liefde vir diere.

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Ek het op ’n keer vir my ouers ’n reis na Mauritius as ’n geskenk gegee. 

DIE LEGACY-AKTEUR ANTON JEFTHA EN SY PA, ANTON

anton jeftha,akteur
Anton en Anton Jeftha. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Stel familie eerste.
  • Hy werk altyd hard en wys hoe belangrik dit is om vir jou geliefdes te voorsien.
  • Ek het hom in my grootwordjare sien sing, optree en sangkompetisies wen. Dit het my begeerte aangevuur om in die vermaakbedryf te wees. 

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Ons twee het beslis dieselfde smaak wat musiek betref. 
  • Ons het soveel in gemeen: maniere, eienskappe . . . Dis soms vreesaanjaend. Dis hoekom ons soms koppe stamp, maar uit liefde. 

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Ek gee gewoonlik ’n ervaring wat hy saam met my ma, Veronique, kan geniet, soos ’n spa-dag of wegbreek. Hulle is altyd saam en het baie pret, so ek is seker hy hou van dié geskenke.

DIE KOORTJIES-AANBIEDER JONATHAN RUBAIN EN SY PA, ISAAC

Isaac en Jonathan Rubain
Isaac en Jonathan Rubain. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Wees altyd eerlik.
  • Wees goedgesind.
  • Wees gehoorsaam aan jou ouers.

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Ons is albei musikante.
  • Ons het ook ’n goeie sin vir humor. 

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Ek het een jaar vir hom ’n Studiebybel gekoop. Dit was my manier om vir hom dankie te sê dat hy my voorgestel het aan die Woord van God. Hy was baie opgewonde en emosioneel. As ’n pastoor was dit vir hom ’n baie kosbare geskenk. 

DIE BINNELANDERS-STER CLINT BRINK EN SY PA, CLINTON

Clinton en Clint Brink
Clinton en Clint Brink. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Hy het altyd vir my gesê: “As jy ’n besluit geneem het, staan daarby. Dis nooit goed om ’n draadsitter te wees nie.”
  • Hy is groot op respek en op lojaliteit. 
  • My pa was nog altyd iemand wat gedoen het wat hy gesê het hy sal doen. 

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Ons hou van uitdagings. Dit motiveer ons om ons beste te lewer. 
  • Ons albei sukkel soms met ons humeur. 

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Ek het nog nie die ideale geskenk vir my pa gekoop nie. Ek hoop om hom eendag oorsee te vat.

SPOEGWOLF SE DANIE DU TOIT EN SY PA, JOHAN

Danie en Johan du Toit
Danie en Johan du Toit. Foto: Verskaf

3 LEWENSLESSE WAT JOU PA JOU GELEER HET

  • Geniet die klein dinge in die lewe.
  • Bly so kalm as moontlik.
  • Werk hard.

2 GOED WAT JULLE IN GEMEEN HET 

  • Ons albei stel familie en liefde bo alles. 
  • Ons hou ook regtig baie van goeie wyn.

1 VADERSDAGGESKENK WAT UITSTAAN 

  • Ek gee gewoonlik ’n horlosie. Ek is ’n horlosieversamelaar en my pa hou ook baie van horlosies. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe