Talle aanhangers was verbaas toe Brad (55) vroeër vandeesmaand op sy eksvrou se 50ste verjaardagpartytjie in Hollywood se Sunset Tower-hotel opdaag. Maar bronne beweer hulle is nou al drie jaar goeie vriende.

“Brad wou Jen steun deur haar verjaardagpartytjie by te woon,” sê ’n bron.

“Hy hou nie daarvan om oor die verlede te tob nie. En natuurlik wens hy hy het die einde van hul huwelik beter hanteer. Hy het Jen lank gelede gevra om hom te vergewe, en sy het.”

Blykbaar het die dood in 2016 van Jen se vervreemde ma, die aktrise Nancy Dow, die voormalige egpaar weer nader aan mekaar gebring – en so ook die verbrokkeling van hul onderskeie “nuwe” verhoudings ná hul egskeiding.

Gaan die vriendskap tussen Brad en Jen dalk tot ie
Gaan die vriendskap tussen Brad en Jen dalk tot iets meer lei? Foto: Gallo Images/Getty Images

Brad en Angelina (43) se paaie het in 2016 geskei, terwyl Jennifer en haar man, Justin ­Theroux (47), in 2017 uitmekaar is.

“Brad het Jen gekontak nadat haar ma dood is en sy was ontroer dat hy besef het hoe moeilik dit vir haar is,” vertel ’n bron. Jen het blykbaar maande daarna ook na hom uitgereik nadat Angelina hom in September 2016 om ’n egskeiding gevra en ’n bitter toesigstryd begin het.

“Jen wou hê Brad moes weet sy sou ’n karaktergetuie wees in die lig van die ernstige bewerings wat teen hom gemaak is,” vertel die bron.

“Hy het amper dadelik gereageer en sedertdien bly hulle in kontak.”

Mense in hul binnekring voeg by Angie was nie gelukkig daaroor dat Brad en Jen weer vriendelik is met mekaar nie, maar sy kon niks daaraan doen nie.

“Sy was ontsettend baasspelerig daaroor. Sy het Brad van ou vriende weggehou en hulle het ’n afgesonderde lewe gelei.”

Noudat Brad enkellopend is, geniet hy dit om weer om met Jen, met wie hy van 2000 tot 2005 getroud was, kontak te hê. Die twee sien mekaar nie gereeld nie en hulle kommunikeer meestal deur teksboodskappe.

Jennifer Aniston by die 2018 InStyle-toekennings o
Jennifer Aniston by die 2018 InStyle-toekennings op 22 Oktober 2018. Foto: Steve Granitz/WireImage

Moenie asem ophou dat hulle weer ’n glanspaar­tjie sal word nie.

“Hulle is bloot twee mense wat ’n lewe saam gedeel het en wedersydse respek vir mekaar het,” sê nog ’n bron.

Brad en Jen in gelukkiger tye tydens die première
Brad en Jen in gelukkiger tye tydens die première van Troy, 10 Mei 2004, in New York. Foto: Peter Kramer/Getty Images
BRONNE: CNN.COM, EONLINE.COM, COSMOPOLITAN.COM, DAILYMAIL.CO.UK, HOLLYWOODREPORTER.COM