Daarom is dit geen verrassing nie dat media-agentskappe steeds ongeluk voorspel vir Jennifer Aniston (48), wat in 2015 met die Leftovers-ster Justin Theroux (46) getroud is.

In ’n berig in die Amerikaanse tydskrif In Touch is beweer die egpaar se huwelik verbrokkel weens hul werkverpligtings en “uiters verskillende leefstyle”.

Volgens ’n ingeligte woon Justin “hoofsaaklik in sy woonstel in Greenwich Village”, terwyl Jen in Los Angeles woon. Maar ’n bron na aan die egpaar, wat onlangs saam die nuwe jaar in ’n oord in Mexiko ingelui het, hou vol hulle het net ’n ongelooflik moderne huwelik.

“Hulle het ’n lewe uitgepluis wat vir hulle werk,” verduidelik die bron. “Justin bring dikwels ’n paar dae alleen in New York deur. Wanneer hy in die Groot Appel is, sal Jen verlore tyd met vriende inhaal en haar eie lewe geniet. Dit het glad nie hul huwelik geknou nie; dit help blykbaar. Hulle het liefde en respek vir mekaar.”

Bronne: newidea.com.au, people.com