Jennifer Lopez en Ben Affleck lyk smoorverlief: Beweeg hulle te vinnig?

akkreditasie
Dinge beweeg uiters vinnig tussen Jennifer Lopez en Ben Affleck.

Volgens die tydskrif People is die nuwe paartjie bereid om hul langafstandverhouding te laat werk. Ben (48) het onlangs vir 'n paar dae die sangeres en aktrise (51) in Miami besoek voor hy weer teruggekeer het na sy tuisstad, Los Angeles.

"Hulle het pret en wil soveel tyd moontlik saam deurbring," het 'n bron aan People vertel.

"Die twee sal soveel moontlik heen en weer reis om dinge te laat werk," voeg die bron by.

"Hulle wil nie meer wegkruip nie. Albei is opgewonde oor hul verhouding. Hulle wil seker maak dat hulle hul bes doen om dit te laat werk. Jennifer is ongelooflik gelukkig. Sy voel sy kan haarself wees by Ben."

Bennifer, soos wat die paartjie bekendstaan op die
Bennifer, soos die paartjie op die web bekend staan, destyds saam by 'n rooitapyt-geleentheid. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die twee het vreeslik gekoer terwyl hulle saam by 'n gimnasium in Miami geoefen het. Hulle het selfs "'n soen gedeel", verklap 'n bron aan Entertainment Tonight. Hulle het apart ingestap by die gim, maar toe hulle binne was, het "hulle nie probeer om hul verhouding weg te steek nie".

Die paartjie was aanvanklik van 2002 tot 2004 verloof. Ben het selfs in 2002 in Jennifer se musiekvideo vir haar liedjie "Jenny from the block" verskyn.

Hul onlangse uitstappie kom nadat die twee 'n paar keer in Los Angeles saam gekuier het. Die nuwe romanse kom kort nadat Jennifer in April haar verlowing met die voormalige bofbalspeler Alex Rodriguez (45) verbreek het.

Ben is glo vasbeslote om Jennifer se hart weer te wen.

Hoewel die paartjie die afgelope paar jaar vriendelik gebly het sedert hulle in 2004 uitmekaar is, wil die akteur glo aan Jennifer bewys dat hy ernstig is om weer saam te wees.

"Ben het moeite gedoen om dit volgens hul werkroosters te laat werk. Dit is 'n groot probeerslag van hom af," het 'n bron aan E! Nuus vertel.

"J.Lo dink Ben het regtig gegroei en is mal oor hierdie weergawe van hom."

Die paartjie probeer alles wat hulle kan om hulle
Hulle doen alles wat hulle kan om hul verhouding te laat werk, berig People. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ben en Jennifer het mekaar aanvanklik in 2001 op die stel van hul fliek Gigli ontmoet. Hulle het in 2002 begin uitgaan en dieselfde jaar nog verloof geraak.

In September 2003, net 'n paar dae voor hulle moes afhaak, het hulle hul troue uitgestel. Hul paadjies het vier maande later, in Januarie 2004, amptelik geskei.

Die paartjie was omtrent verlief in 2004. Foto: Ga
Die paartjie was al in 2002 verlief. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Jennifer het in 2016 aan People vertel dat sy en Ben "nie 'n openbare verhouding beproef het" nie.

"Ons was toevallig by die geboorte van die poniekoerante en dit was net baie druk," het sy destyds verklap.

Hulle het onlangs weer kontak gemaak toe "Ben as 'n vriend na Jennifer uitgereik het," het 'n bron aan People gesê. "Hy het haar basies destyds beheer," voeg die bron by.

"Hy was ongetroud en het gedink dat sy ook ongetroud sou wees."

Hul reünie kom nadat Jennifer en haar eks Alex in April hul verlowing verbreek het. Dit sou haar vierde huwelik gewees het.

Jennifer het 'n 13-jarige tweeling, Max en Emme, by haar eksman, die sanger Marc Anthony (52).

Ben het ook drie kinders, Violet (15), Seraphina (12) en Samuel (9), by sy eksvrou, die aktrise Jennifer Garner (49).

Hy was meer onlangs romanties verbind met die aktrise Ana de Armas (33), maar hul paadjies het in Januarie geskei.

BRONNE: PEOPLE.COM, PAGESIX.COM, EONLINE.COM, COSMOPOLITAN.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees