Sondag het die aktrise op Instagram gedeel sy het verskeie skete en pyne ervaar. 

“Ná ’n maand van heuppyn, gevolg deur drie weke van bronchitis, het ek gereken aangesien my voete vandag in my tekkies pas,” het Jessica by haar plasing geskryf. “Moet ek baie angstigheid afstap!” 

Op die foto dra die 38-jarige ’n pienk sonbril, rooi mus en persrooi pompon.

Die aktrise is openhartig oor haar moeilike swangerskap, berig Daily Mail. 

Sy het gesê sy sukkel met erg geswelde voete in die laaste paar weke van haar swangerskap. 

Sy het ook vir haar 4,5 miljoen volgelinge vertel sy eksperimenteer met suigglasterapie, ’n antieke vorm van alternatiewe geneeskunde waar ’n terapeut spesiale koppies op jou vel sit om bloedsirkulasie te verbeter, berig die tydskrif People

“Skankles, ook bekend as maer enkels,” skryf sy by die plasing.

View this post on Instagram

Cupping ??

A post shared by Jessica Simpson (@jessicasimpson) on

Die aktrise het in September verlede jaar op Instagram aangekondig sy en haar man, Eric Johnson, verwag nog ’n kind. 

“Die klein babameisie sal ons ’n gesin van vyf maak,” het sy geskryf by ’n foto waarop haar dogter, Maxwell (6), en seun, Ace (5), met pienk ballonne omring is. “Ons kon nie gelukkiger gewees het om die kosbare seën van lewe bekend te maak nie.”

Bronne: US Weekly, People, Instagram