Jessica Simpson (38) het op Woensdag 20 Maart op Instagram aangekondig haar babadogter is die vorige dag gebore.

“Ons is so gelukkig en trots om die geboorte van ons volmaakte dogtertjie, Birdie Mae Johnson, aan te kondig. 3.19.19,” het die trotse ma geskryf.

Die ooievaarstee wat Jessica in Januarie gehou het, het 'n voëlnestema gehad wat gesinspeel het op Birdie se naam. Die naam is glo afkomstig van 'n familienaam aan Jessica se kant.

View this post on Instagram

?? Birdie’s Nest ??

A post shared by Jessica Simpson (@jessicasimpson) on

Die sangeres wat deesdae sakevrou en modeontwerper is en haar man, Eric Johnson (39), het ook ’n seun, Ace Knute (5), en dogter, Maxwell Drew (6).

Jessica en Eric se ander twee kinders: Ace Knute (
Jessica en Eric se ander twee kinders: Ace Knute (5), en dogter, Maxwell Drew (6). Foto: Instagram (jessicasimpson)

Jessica en Eric, 'n voormalige Amerikaanse voetbalspeler, het in Augustus aangekondig sy verwag hul derde kind.

View this post on Instagram

Ace hit a homerun!!!

A post shared by Jessica Simpson (@jessicasimpson) on

“Verrassing . . . ,” het die aktrise van The Dukes of Hazzard-faam geskryf.

“Die klein dogtertjie gaan van ons ’n gesin van vyf maak. Ons is in die wolke om die kosbare seën aan te kondig.”

’n Bron na aan die paartjie het aan E Online gesê die paartjie is opgewonde oor die nuwe lid van die gesin.

“Verskeie van haar naaste vriendinne het ook pas babas gehad, en sy sal dit geniet om by dié groepie aan te sluit en hul kinders saam groot te maak,” het die bron gesê.

“Dit was so ’n ongelooflike verrassing en skok, maar dit voel reg en is so vir die gesin bestem.”

Jessica en Eric

Jessica was van 2002 tot 2006 met die akteur en sanger Nick Lachey (45) getroud en op 5 Julie 2014 het sy en Eric ná 'n warrelwindromanse van ses maande afgehaak.

Eric was ook voorheen getroud. Hy en Keri D'Angelo, 'n stilis, was van 2005 tot 2010 getroud. Geen kinders is uit enige van Jessica en Eric se vorige huwelike gebore nie.

Bronne: eonline.com, today.com, pulse.ng, people.com