Dit was Jo Black en Danny se idee om hierdie program te begin. 

“Ons albei het ’n groot liefde vir mense en gaan oor dinge chat wat ons al oorgekom het en selfs dinge waaroor mense nie noodwendig altyd wil praat nie,” sê Danny.

Kykers kan in die komende weke die doodgewone Jo en Danny verwag wat gemaklik op ’n bank sit en gesels oor sake wat hulle na aan die hart lê en om hoop te bring vir ander. 

jo black,danny painter
Die sanger Jo Black. Foto: Adriaan Venner Scheepers en xotv.me

Die twee poog om mense op ’n reis van genesing, selfontdekking en positiwiteit te neem. Albei hoop dat hierdie program iets vir iemand daar buite kan beteken. 

Hulle het dit goed gedink om juis die program uit te saai in hierdie moeilike en onsekere tye waarin ons onsself bevind. 

“Ons almal het dit juis nou meer as ooit nodig. Dit help om te weet dat niemand alleen is in die tyd nie,” sê Danny. 

View this post on Instagram

Have you seen the promo yet? It’s on @xotv.me! Go check it out and let us know what you think!

A post shared by The Jo and Danny show (@thejodannyshow) on

Sy is al drie jaar lank deel van die Gautengse radiostasie Jacaranda FM en is tans die aanbieder van die program Love Songs with Danny Painter.

Jo Black is op sy beurt een van die land se gewildste sangers is wat die afgelope paar jaar deur middel van sy musiek en motiveringspraatjies hoop vir mense wil bring. 


Danny vertel verder dat sy en die Bring die hoop weer terug-sanger al ’n hele ruk lank huisvriende was voor hulle besluit het om saam te werk. 

jo black,danny painter
Danny Painter is al drie jaar lank 'n omroeper op Jacaranda FM. Foto: Adriaan Venner Scheepers en xotv.me

“Ons het mekaar ’n paar jaar gelede ontmoet en dadelik geweet daar is ’n konneksie in hoe ons na die lewe kyk.” 

Dit het hulle glad nie lank geneem om hierdie program van die grond af te kry nie. 

“Dit het binne ’n paar dae van ’n idee na die werklikheid verander. Ons is albei passievolle mense gemeng met ’n bietjie impulsiwiteit,” vertel sy laggend. 

“Ons het dadelik aan die werk gespring en ons kan nie wag om dit met die wêreld te deel nie,” sê Danny opgewonde. 

  • Die eerste episode van The Jo and Danny Show word op 3 Augustus op XOTV.me en Jacaranda FM.com uitgesaai.