In ’n Instagram-plasing wat hy met sy volgelinge gedeel het, sê hy dat hy ’n bietjie alleentyd geneem het om op sy gesondheid te fokus.

In die foto staan Joe iewers op ’n strand met oorfone in sy ore. 

View this post on Instagram

Spending a couple of weeks totally on my own. It is strongly recommended and underrated. I miss my husband and friends and any company for that matter, but I had to come and I am working through every thought and feeling I left to clutter up inside my body. Didn’t even know my body took score so well, until it threw all the crap I gave it right back in my face. He is the master of keeping score in fact. No feeling or thought gets past it. Ziech is also redoing the interior of our home so it’s more than perfect timing to get ouda-there. ???????? I have great moments here, moments of triumph getting to know myself really well and moments bolling my eyes out in sadness for treating myself that bad in the past. All in all a great time! ??????. Guys I have to be honest, I have not been well, and I want to use the past tense here because I am as we speak just waiting on God to work His mystery in me for the thing I came here to prepare myself to step into. He prepared many mansions in us. I just came for a new mansion hunting. This mansion i am currently residing in is pretty crappy. It’s stressful, with hair falling out all over my body from Alopecia Areata, muscles in constant knots and pain due to a thing called Myofascial Pain Condition or something. Struggling to perform a set longer than an hour and doing my work. So it became serious enough for me to say, STOP! Where is the love? I’m taking a minute. Not making this part of my identity is very important to me, though. Lets just say I came to learn surrender, self acceptance and self love and that in turn might carry healthier fruits, right? Anyway guys take it from me, love yourself and be kind to yourself. Dont even fear anything, or stress over nothing, fear kills us from the inside, really it does. Perfect Love casts out all fear. #hakunamatata #loveyourself

A post shared by Joe Foster (@joefosterofficial) on

“Ek mis my man, vriende en eintlik enige geselskap, maar ek moes kom om deur die gedagtes en gevoelens wat in my opgehoop het, te werk,” skryf hy.

Joe het in Desember verlede jaar met Ziechfried Paul by die Forester-trouvenue in Pretoria getrou. 

“Ziech is ook besig om die huis oor te doen, so dit was perfekte timing om weg te kom.” 

Hy skryf verder dat die tydjie alleen hom goed doen. 

“Ek het tye van triomf waar ek myself weer leer ken, en oomblikke wanneer ek my oë uithuil van hartseer omdat ek myself in die verlede so sleg behandel het.” 

Volgens hom het dit die laaste ruk nie baie goed met hom gegaan nie. 

“God het verskeie mansions in ons gebou.

"Ek het gekom om ’n nuwe mansion te soek, want die een waarin ek tans lewe, is nie goed nie. 

“Dit is stresvol, my hare val oral op my liggaam uit van alopecia areata, en my spiere is in konstante knope en in pyn weens ’n ding genaamd myofascial pain.” 

Alopecia areata ontwikkel wanneer die immuunstelsel foutiewelik jou eie haarwortels aanval en dit lei daartoe dat jou hare uitval. Myofascial pain is ’n chroniese pynsiekte wat in jou spiere voorkom. 

“Ek sukkel om ’n vertoning van meer as ’n uur te doen en my werk te doen.”  

Hy sê die tyd het aangebreek waar hy introspeksie wou doen. 

“Ek het gekom om myself oor te gee aan selfaanvaarding en myself lief te hê.” 

Aan die einde van sy inskrywing gee hy raad aan sy volgelinge. 

“Moet niks vrees nie, moet oor niks stres nie; vrees maak ons dood aan die binnekant. Perfekte liefde verwoes alle vrese.” 

Joe wou nie verdere kommentaar oor sy inskrywing lewer nie.