Die WWE-stoeier het in ’n onderhoud met die tydskrif People gesê hoewel sy probeer aangaan met haar lewe, bel sy steeds haar eks ná elke romantiese afspraak in ’n poging om dinge openlik tussen hulle te hou.

“Ek vertel hom alles. Hy weet van elke afspraak waarop ek was,” sê sy.

“Ek het soveel respek vir hom en dinge tussen ons het nie sleg geëindig nie, ons het nie lelike goed aan mekaar gedoen nie. Hy het nog ’n hegte band met my familie.”

Die ster van Total Divas sê sy kon haar nog altyd tot die Bumblebee-akteur wend ongeag wat in haar lewe gebeur en sy wil nie hê dit moet verander noudat hulle uitgemaak het nie.

Sy voeg by sy verkies om die stoeier, wat deesdae sy lyf akteur hou, te vertel van enige ou wat sy ontmoet pleks daarvan dat hy dit deur die media uitvind, berig Cosmopolitan.

“Ek het hom vertel van enigiets wat ek geweet het sal uitkom of enigiets wat ek gedoen het. Ek wil nie hê hy moet daardeur seergemaak of geskok wees nie.”

Die paartjie het in April verlede jaar uitgemaak nadat hulle ’n jaar lank verloof was.

“Ek het ’n pragtige en liefdevolle verhouding van ses jaar met ’n wonderlike man gehad. Ek het die grootste respek vir John, maar ek weet dis die beste besluit vir my.” 

Bronne: People, Cosmopolitan