“Ek moet ’n direkte verbintenis met iemand maak . . . Ek dink nie dis asof mense graag wil sê: ‘Hei, ek het Mayer gevang’ nie,“ het hy gespot.

Maar die sanger van Gravity sit darem nie in sak en as omdat ware romanse hom ontwyk nie.

“Eintlik ervaar ek my lewe juis as eg omdat niemand in my belangstel nie,” sê hy.

“Toe ek in my vroeë 20’s was, het ek dit regtig soort van misbruik. Deesdae is dit buite die kwessie.”

Die musikant, wie se naam die afgelope paar jaar aan dié van ’n rits bekende vroue gekoppel is, vertel hy het twee jaar gelede op ’n Oscarpartytjie ’n “bevrydende” oomblik ervaar wat sy oë laat oopgaan het.

John se ekse
Jennifer Love Hewitt (2002). Foto: Gallo Images/Getty Images
Jessica Simpson (2006-’07). Foto: Gallo Images/Getty Images
Katy Perry (2012-’14). Foto: Gallo Images/Getty Images
Jennifer Aniston (2008-’09). Foto: Gallo Images/Getty Images
Minka Kelly (2007-’08). Foto: Gallo Images/Getty Images
Taylor Swift (2010). Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek het na Scarlett Johansson gekyk en vir die eerste keer in my lewe het ek reguit vir myself gesê: ‘Sy wil niks met jou te doen hê nie.’ En ek het dit regtig as ’n soort verligting ervaar,” vertel die 41-jarige ster.

“Ek het gedink: ‘Ja, los almal uit.’

“En ek het die partytjie baie geniet. Ek het niemand gepla nie, want ek weet nou die meeste mense stel nie in my belang nie. Ek probeer nie eens nie en ek hou eintlik daarvan.”

Vyf van John se top-liedjies