book-icon Uitgawe 23 Julie 2020

Johnny Depp-saak skok met smerige detail uit huwelik

akkreditasie
Amper vier jaar nadat hulle geskei is, bestook Amber Heard en Johnny Depp mekaar nou met hul vuil wasgoed in ’n Britse hof.
Foto's: Gallo Images/Getty Images
Amper vier jaar nadat hulle geskei is, bestook Amber Heard en Johnny Depp mekaar nou met hul vuil wasgoed in ’n Britse hof. Foto's: Gallo Images/Getty Images

Johnny Depp gee nie om om ’n “monster” of alkoholis of dwelmslaaf genoem te word nie, maar by “vroueslaner” trek hy die streep. Trouens, dié belediging in ’n artikel in 2018 het die 57-jarige akteur aangespoor om die Britse koerant The Sun hof toe te sleep – en die onthullings in die hofsaak laat ’n mens se mond behoorlik oophang.

Bewerings oor jaloerse woedeaanvalle, rusies wat deur dwelms aangevuur is, wraaksugtige poetse – die Johnny van wie ’n mens in onlangse weke in ’n Britse hof gehoor het, is ver verwyder van die beeld van die Hollywood-superster.

Maar moenie glo Amber Heard (34) – sy eksvrou, wat beweer sy moes die meeste van Johnny se wreedheid verdra – is heeltemal onskuldig nie, het Johnny by die hof gepleit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees