Die 28-jarige ster raak nog gewoond aan die idee van ma-wees nadat sy op 2 Mei die lewe geskenk het, het sy in ’n onderhoud met die tydskrif People gesê. Die egpaar het die seuntjie Dana Isaiah jr. genoem, na sy pa. 

“Ek is ’n ma. Dit is so gek,” het Jordin oor die geboorte van haar seun gesê, wat sy liefderyk DJ noem. “Dit tref my so elke dan en wan.”

He's here & we couldn't be more in love!!! Go DJ! ???? @people

A post shared by Jordin Sparks (@jordinsparks) on

Die Sparkle-ster, wat ’n natuurlike bevalling in ’n geboortesentrum in Los Angeles gehad het, sê haar man was deurgaans ’n “kampioen” en het haar rug gevryf terwyl sy die pynlike sametrekkings ervaar het. 

Oor haar besluit om natuurlik te kraam het sy gesê: “Hospitale het vir my net ’n bietjie eienaardig gevoel. Ek het gevoel ek sou nie gemaklik wees op my rug nie en ek wou nie so die lewe skenk nie.”

Dana (26) het gesê nadat klein DJ gebore is, het die egpaar “soos babas gehuil”. 

Bronne: People.com, Billboard.com