Net drie dae gelede het sy nog ’n foto van haar babamagie op die strand gedeel. "Oukei baba, jou 40 weke is nou hier..." het Sue by die foto geskryf. En nou is haar tweede dogtertjie sowaar hier!

Ok baby, your 40 weeks is due now.. ??????‍??

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue was ’n volle 26 uur in kraam. "Die geboorte was moeilik!" vertel sy aan Huisgenoot. "Ek wou so graag normaal kraam ná my vorige keiser. Ek het regtig my alles gegee en alles probeer om normaal te kraam." 

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

"Teen die tyd wat ek ingegaan het vir die keiser was ek so moeg ek het op die tafel in die teater aan die slaap geraak!" skerts sy. Sue en JP het reeds ’n driejarige dogter, Isabella. Die nuwe lid van die Duminy-gesin heet Alexa-Rose.

As dit ’n seuntjie was, sou hy Alexander heet, vertel Sue. "Toe besluit ons op Alexa as dit ’n dogtertjie sou wees. Ons albei was mal oor die naam Rose, toe besluit ons om haar Alexa-Rose te noem."

Die trotse ma het haar tweede dogter se koms aangekondig op Instagram met ’n kosbare kiekie van haar, JP, en hul twee dogters. By die kiekie skryf sy: "En toe is daar vier! Welkom in die wêreld my pragtige Alexa-Rose Duminy. Jou ma se hart het nou verdubbel in grootte van al die liefde, jou pa se bors het dubbel soveel geswel van trots en Isabella het reeds jou hand styf vas gehou, so jy het basies ’n beste vriend vir die res van jou lewe," skryf sy.

En JP was elke minuut van die 26 uur langs haar sy. "Ek hoop jy kan steeds ’n bal vang ná jy my hand vasgehou het tydens die geboortepyne!"

JP het ook die oulikste foto van sy gesin op Instagram gedeel. Klein Isabella sit in die bed by haar mamma terwyl sy vir kleinsus Alexa-Rose vashou. 

"Dankie liewe Heer vir die seëning van ’n gesin," skryf JP. 

Sue het omtrent gestraal tydens haar tweede swangerskap.

??????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Mum & bump day out ?????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Happy days??????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

@cricket_south_africa awards ??

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Baking... #39Weeks

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

JP en Sue se oudste dogtertjie, Isabella, het in Augustus haar derde verjaardag gevier met ’n Peppa Pig-Partytjie.

Klein Isabella was in die wolke toe sy haar kleinsus ontmoet. "Ek het nog nooit so ’n stralende, gelukkige uitdrukking op Isabella se gesig gesien nie!" vertel haar ma, Sue. "Sy wou dadelik haar gesig sien en aan haar vat en druk.

"Dis die pragtigste ervaring ooit. Sy hardloop hier in die hospitaal se gang af en sê vir al die mense: 'that’s my baby sister'. Sy wil haar nie vir een oomblik alleen los nie!" 

Sue gaan Dinsdag terug huistoe en is ongelooflik opgewonde. 

"Ons albei het saggies gehoop en bid vir nog ’n dogtertjie. Ek gaan nou behoorlik pop speel!" vertel Sue.