Juanita du Plessis se oudste seun erken dié nuwe reis was aanvanklik vir hom uitdagend.

“Ek moes diep delf vir die selfvertroue om aan te bied, want dis heel anders as om op die verhoog te sing. Tog is die uitdaging goed vir my, want dit dwing my om op ’n ander manier te groei en ek leer heelwat van die mensdom.”

In die SABC2-program Klein Begin loer Ruan by plaaslike sangers in en gesels met hulle oor hul pad na sukses.

“Dis ’n heerlike diepteonderhoud met die mens en sy geliefdes. Ons sluit elke episode met my gunstelingding af – kos.”

Ruan en Sorina Erasmus by die Fonteinesirkel in Pretoria. Foto: Verskaf.
Ruan en Kurt Darren probeer op die Midstreamlandgoed in Centurion baars aan die lyn kry. Foto: Verskaf.
Die sanger het gaan uitvind waar HemelBesem se kinderspore in Blackheath in die Kaap lê. Foto: Verskaf.

Hy het verskeie opwindende aktiwiteite vir die eerste keer aangepak.

“Ek het saam met Snotkop op Kaapstad se promenade fietsgery, saam met Kurt Darren probeer baars vang en saam met Sorina Erasmus by die Fonteinesirkel in Pretoria strooibiljette uitgedeel.”

  • Die program Klein Begin word Maandae om 19:30 op SABC2 uitgesaai.