June, wat onlangs te sien was in die kykNET-reekse Dwaalster en Sara Se Geheim, het jare gelede op een van die eerste Suidoosterfeeste ’n rol in Kanna Hy Kô Hystoe vertolk.

Sy vertel dit was haar eerste en laaste Suidoosterfees, tot sy nou weer vanjaar in die teaterstuk Die Gangsters te sien sal wees.

Die Gangsters: Agter staan (van links) Breyten Tre
Die Gangsters: Agter staan (van links) Breyten Treurnicht, Adeline Lamohr en Tylo Fortuin. Voor sit Dean Olivier en Melanie Scholtz, met Jodecee Solomons, Jurgen McEwan en Dean John Smith wat die ry vol maak. Foto: Jeremeo Le Cordeur

Die Gangsters is ook onlangs as die beste teaterstuk by die US Woordfees aangewys.

Dis die pennevrug van June se eertydse mentor, die Belgiese skrywer en dramaturg Ben Dehaeck.

Die Suidoosterfees vind van 25 April tot 1 Mei in die Kaapse stadsaal plaas.