Maar dat hy agterna as ’n held geloof is, het tog die aandag getrek.

Volgens ooggetuies het die Sorry-sanger tot ’n vrou se redding gekom toe sy tydens ’n partytjie aangeval word.

Die gasheer was Justin (24) se pel Patrick Schwarzenegger (ook 24).

Bronne beweer ’n aggressiewe man het by die plek ingekom, die vrou aan die keel gegryp en geweier om haar te laat los.

Dit was toe dat Justin en sy vriend op die man begin skree om die vrou te los. TMZ berig die man het die vrou bly vashou en die Kanadese sanger ’n kru belediging toegesnou.

Justin het daarna na bewering die man in die gesig geslaan en hom teen ’n muur vasgedruk sodat die meisie kon loskom.

Sien, nie alle helde dra ’n mantel nie.