Keith McCurdy, die tatoeëerkunstenaar van die beroemdes, wat ook as Bang Bang bekendstaan, het aan Page Six vertel dat Justin (24) en Hailey (21) onlangs met mekaar verbind is.

“Hulle het albei tatoes gekry,” het Keith vertel. “Justin s’n is op sy gesig en ek het nog nie foto’s daarvan gesien nie; dus slaag hy uitstekend daarin om uit die oog te bly.

“Dit is werklik dun en delikaat. En dis ook ’n tradisionele tatoe vir ’n paartjie. Ek wil nie verklap hoe dit lyk voor die media dit nie in die hande gekry het nie.”

Keith het wel onthul dat die Love Yourself-sanger se tatoe langs sy wenkbrou is en dat dit “klein woordjies” insluit, berig Billboard

Dis ook nie die eerste keer dat die Kanadese sanger ’n tatoe op sy gesig laat aanbring nie.

Die tatoeëerkunstenaar Jonboy het in 2016 ’n klein kruisie in die hoek van Justin se oog gemaak,” berig US Weekly

“Dit verteenwoordig sy reis om die doel van God te vind,” het Jonboy vertel. 

Bronne: Page Six, Billboard, US Weekly