Die openbare kollig op hul verhouding en Selena se gesinslewe is aangevoer as redes hoekom die twee uitmekaar is, berig InStyle.

Maar bronne na aan Jelena het nou verklap die paartjie is amptelik uitmekaar en die rede daarvoor is Selena se ma, Mandy Teefey.    

“Selena en Justin het besluit om uit te maak, hoofsaaklik oor Selena se ma wat nie haar verhouding met Justin goedkeur nie,” het ’n bron aan US Weekly gesê.

“Justin se familie is lief vir Selena, maar Selena se familie het haar in ’n moeilike situasie geplaas omdat hulle nog steeds nie vir Justin vertrou nie. Selena het haar familie probeer oortuig dat Justin verander het, maar hulle wil niks weet nie.”

Mandy het nog nooit doekies omgedraai wat haar afkeuring van haar dogter se verhouding met die Love Yourself-sanger betref nie. 

Mandy, een van die vervaardigers van die reeks 13 Reasons Why, het verlede jaar in ’n onderhoud met Gossip Cop gesê sy is “nie gelukkig” met Selena se romanse met Justin nie, maar bygevoeg: “Selena is ’n grootmens en kan haar eie besluite maak.”

Ma en dogter het mekaar toe kortliks nie meer op Instagram gevolg nie, berig InStyle.

En nou lyk dit of die groeiende skeuring tussen die twee uiteindelik Jelena se einde beteken het. 

“Haar verhouding met Justin het werklik haar verhouding met haar ma beïnvloed en dit was moeilik vir haar want sy is baie geheg aan haar ma. Haar ma was haar rots toe sy gesondheidsprobleme gehad het,” het die bron aan US gesê.

Maar die jongste skeiding is dalk nie die einde vir die paartjie nie.

Volgens die bron “gee hulle mekaar ruimte maar praat nog gedurig”.

“Hulle gaan beslis weer opmaak, maar het albei tyd weg van mekaar nodig.” 

Bronne: Metro.co.uk, Gossip Cop, InStyle, US Weekly