Die NBA-basketbalspeler en pa van haar 10 maande oue dogter, True, is glo op Valentynsdag gewaar waar hy al te danig met ’n paar vroue by die Pineapple Hill Saloon & Grill in Los Angeles geraak het.

"Tristan het omtrent sy flikkers gegooi en by meisies aangelê," vertel ’n bron. Dis boonop nie die eerste keer wees dat sy aandag nie by die ma van sy kind is nie.

Tristan (27) het saam met twee mansvriende by die Gyu-Kaku-restaurant in dieselfde buurt geëet.

"Hulle speel waarskynlik ook basketbal, want hulle was baie lank. Hy was kalm en ontspanne," sê die bron.

View this post on Instagram

Happy 10 months my love ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on


Hoewel Tristan vir Khloé (34) en hul 10 maande oue dogter, True, asemrowende blommerangskikkings op Valentynsdag gestuur het, het die ster van Keeping Up With the Kardashians onlangs kriptiese boodskappe op Instagram gedeel wat daarop sinspeel dat hulle nie meer 'n paartjie is nie.

"Hierdie boodskap is vir elke vrou wat probeer genees van dinge waaroor hulle nie kan praat nie," het sy op 15 Februarie gedeel.

"Soms breek God jou hart om jou siel te red."

By dié plasing het ene @keipz_w geskryf: "Hoe aaklig om so in limbo te leef. Dit is so hartseer wanneer 'n sterk vrou hierdie soort lewe kan lei. Wanneer sal dit genoeg wees?

"Wanneer gaan jy jouself begin vertel: 'Ek wil nie meer 'n vloermat wees nie'? Dis hartseer om in 'n borrel te leef."

View this post on Instagram

?? Valentine ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Dis nie die eerste keer dat Tristan die hoofopskrifte haal oor sy oog glo dwaal nie. Die sportman is verlede jaar betrap waar hy 'n ander meisie intiem leer ken het. Dit was enkele dae voordat Khloé geboorte aan hul kind sou skenk.

Tristan het ook 'n tweejarige seuntjie, Prince, by sy eksmeisie Jordan Craig. 

Bronne: US Weekly, Daily Mail, Instagram