Karlie het asemrowend gelyk in ’n Diorskepping. Volgens Daily Mail het Karlie verklap dat Meghan Markle se trourok haar inspirasie was toe sy haar rok vir haar troudag kies.

"Sy het beeldskoon gelyk. Ek glo dis ’n dag waar jy net gelukkig, mooi en stresvry moet voel. Ek dink wat iemand die mooiste op hul troudag maak, is wanneer daar ’n gloei van binne kom," sê sy. 

Op Instagram het die bruid ’n agter-die-skerms-kiekie gedeel waar sy tweeuur die oggend in haar trourok op die vloer sit en troukoek eet.

"Eindelik kan ek my @milkbarstore troukoek eet," het sy by die pragtige foto geskryf. 

Joshua of Josh soos sy haar liefie noem, is ook later met ’n koppie in die hand onder ’n blommekrans afgeneem. "My man," het sy by die foto geskryf. 

View this post on Instagram

10.18.2018 ??

A post shared by Karlie Kloss (@karliekloss) on

Die private paartjie het nie verklap waar hul wittebrood sal wees nie, maar Karlie het seker gemaak dat sy aanhangers met ’n video op Twitter terg.

Joshua, die broer van Jared Kushner wat met Ivanka Trump getroud is, het Maandag ’n pragtige foto van sy vrou op Instagram gedeel waar hy ná die seremonie foto’s van haar geneem het.

"Ek het met my beste maat getrou," het hy by die pragtige foto van Karlie geskryf.

View this post on Instagram

i married my best friend ??

A post shared by Joshua Kushner (@joshuakushner) on

Die pasgetroudes is Dinsdag vir die eerste keer ná hul troue gekiek en is in New York gewaar waar hulle koffie drink. 

Bronne: Harpersbazaar.com, Dailymail.co.uk, People.com