"Haar eerste woord was pappa! Sy klink net soos die seemeeu op The Little Mermaid," skryf die Afrikaanse popprinses Karlien van Jaarsveld oor haar dogtertjie. 

Elah lyk te oulik in ’n pienk onesie terwyl sy al te lekker met haar mamma praat. 

In die video wil Karlien graag hê Elah moet "mamma" sê, maar sy is duidelik te besig om haar eie babataal te praat, hande in die lug! 

Plaaslike bekendes kon natuurlik nie genoeg kry van Elah nie! 

Bekendes soos Claire Wiese-Wentzel, Minki van der Westhuizen en Juanita du Plessis het almal kommentaar gelewer.

Elah is "vrek oulik" meen Claire en Minki sê: "O jitte, vir jou sal ek ook opvreet Elah-lief!!". 

Juanita dink Elah is die oulikste kleinding: "Ag sy is die mooiste poplap!"

Selfs Karlien se pa, Bob, en manlief, Joe, het iets te sê gehad!

"Shame Karlien, so mooi," skryf Bob en Joe kan nie genoeg van die video kry nie: "Ek kan self nie ophou kyk vir die video nie!" skryf hy. 

Karlien deel gereeld die pragtigste foto's van Elah. 

Pout Elah vir die foto ?? dankie Jesus vir ons pop ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Wil nie slaap nie #Elah

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Grootste voorreg om ‘n mamma te mag wees. Dankie Jesus ????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Poppie lief! Elah ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Ek wil jou opsoen my sussiepop #Elah

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien het in ’n vorige onderhoud gesê sy is absoluut mal daaroor om ’n ma te wees. “Om ’n ma te wees is my gunstelingrol ter wêreld,” sê die sangeres blinkoog. As sang nie vir haar ’n roeping was nie, sou sy maklik net ’n ma kon wees, het sy vertel.

“Dis vir my die beste tye wanneer ek saam met my man en kinders by die huis is. Dis waar ek op my gelukkigste is,” sê sy verder.

“Dis vir my lekker om nou met Elah te ervaar hoe dit is om ’n dogtertjie te hê."

Karlien en Joe Breytenbach het in 2017 trou beloof aan mekaar. 

#Schoemantroue saam my man #nofilter @julien_strands_of_love @freya_grh @garyromhair

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien het ook twee seuns, Daniël en Eliah, uit ’n vorige huwelik.