Karlien het die allermooiste boodskap by die inskrywing geskryf. 

"Jesus. Ek weet U is goed, ek weet U is Rein, ek weet daar is NIEMAND soos U. Ek weet ons vra soms goed en ek weet dat dit uit eie wil is wat ons vra, maar dat U WIL steeds geskied, tensy ons vra na die Idol in ons hart dan antwoord U ook na die Idol in ons hart (Eseg)..."

"Daai leuengees wil ek nie hoor praat nie. Daarom vra ek U gereeld verwyder asb die Idol uit my hart, want vir ewig sal U die Een wees wat op die Troon van my hart regeer. Dis my begeerte," skryf sy. 

"My seuns sê elke dag vir my 'mamma ek is soooo lief vir mamma, maar ek is liewer vir Jesus'. Ek kan nie die dankbaarheid van daai woorde wat hulle sê nie beskryf nie, want dis al wat ek aan hulle wil agterlaat, dat hulle liefde vir U meer sal wees as vir ENIGE IETS OF IEMAND anders.

"Ek weet in woorde nie hoe om dankie te sê nie Here. Ek sal altyd nederig en in my eie oë nikswerd wees nie, maar dankie vir wat U vir my kom doen het, want dit maak my iets wat niemand anders kan wees nie en dit maak my dankbaar, en klein, en laat my eiesinnigheid tot ‘n val kom.

"U IS MY ALLES, EN U SAL ALTYD WEES. AL MY LIEFDE HERE. In die kleinste sin van die woord van hoe ek dan liefde verstaan. Karlien."

Meer as 6 000 mense het reeds van die foto gehou en die mooi woorde stroom in. 

Die TV-aanbieder en model Minki van der Westhuizen meen dis ’n pragtige boodskap."So mooi, liefste Karlienkie," skryf Minki. 

Karlien se kleinsus, Cara Brink, het ook net mooi woorde te sê gehad. "So lief vir jou. Beste mamma vrou en suster."

Elah is op 7 Oktober 2017 vroeggebore en is die sangeres se eerste kind by haar man, Joe Breytenbach.

Karlien se tweelingseuns, Daniël en Eliah, is gebore uit haar huwelik met die voormalige Blou Bul Derick Hougaard.

Foto: Givan Rooyen