Die sangeres en mede-aanbieder van die VIA-sangkompetisie Die Kontrak het op Instagram hulp gevra om vas te stel wie boodskappe van haar ou nommer stuur. 

Die sangeres was omtrent warm onder die kraag. Sy't by ’n foto van ’n rooi gesiggie geskryf iemand wat haar ou nommer gebruik het "vreemde boodskappe" vir mense gestuur wat sy ken. Die persoon sê dan boonop dit kom van haar af. "Jammer vir almal wat al so ’n boodskap ontvang het #notme. Dankie dat jy laat weet het @viljemaritz.” 

Foto: Instagram/karlienvanjaarsveld

Sy't op Twitter onthul dat die persoon wat haar ou nommer gebruik ook toegang het tot al die nommers op haar foon. 

Met die hulp van haar Twitter-volgelinge het hulle agter die kap van die byl probeer kom.

Foto: Instagram/karlienvanjaarsveld

Huisgenoot het navraag gedoen oor die voorval, maar Karlien wou geen verdere kommentaar oor die kwessie lewer nie. 

Dis beslis ’n gebeurtenisvolle week vir die sangeres.

Die ma van drie het Dinsdag op Instagram ’n foto van ’n stoof gedeel met gebreekte glas wat bo-op dit lê. By die kiekie het sy verklap dat sy probeer het om eiers te bak, maar nie geweet het dat sy die glasblad wat die stof uit moes hou, op moes lig voor sy begin kook nie. 

By ’n foto van die ‘toneel’ skryf Karlien: “As jou vriende sê 'jy kan met liefde in ons huis in Zinkwazi gaan bly' en jy blaas hul splinternuwe stoof op omdat jy nie die glas (wat bedoel is om stof uit te hou) oplig en dan eiers begin gaarmaak nie, maar sommer op die glasblad probeer kook? #ekmoeniekosmaaknie", het sy by die foto geskryf. 

Van Karlien se aanhangers het gedink dis skreeusnaaks. "Ek kan nie ophou lag nie," het een laat hoor. "Ons almal kry sulke oomblikke!" het nog een vertel. "Ek kry dit amper elke tweede dag."

Net ’n dag vroeër het Karlien ook kiekies van haar en haar kleingoed, die tweeling Daniël en Elah (4), en die eenjarige Elah, gedeel wat by die see uitspan. 

View this post on Instagram

Grateful ?? Photocred - @renetteb3 ?? @cottononkids

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

In nog ’n foto en video wat Karlien se man, Joe Breytenbach, van hul skattige dogtertjie, Elah, gedeel het, lyk dit of die kleinding glad nie skaam is vir die kamera nie. "Next level cute man!" skryf Joe by die foto. 

View this post on Instagram

Next level cute man!! @karlienvanjaarsveld

A post shared by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on