In video’s en foto’s is dit klein Elah (2) wat met haar pragtige rokkies, handsakke en speel-speel hoëhakskoentjies pure sonskynkind straal.

“Dit is net ’n standaard ondersoek,” stel Karlien se ma, Ronel Brink, gerus.

“Elah moet nou elke twee of drie maande gaan om ’n kamera te sluk sodat die dokters kan kyk dat daar niks fout is nie,” voeg Ronel by.

In die sosiale media het Karlien dit duidelik gemaak dat dié ondersoeke haar dikwels moedeloos laat. “Ai Elah. Mamma wens die pad kan tot ’n einde kom,” skryf sy.

Elah is in Oktober 2017 gebore en sowat sewe maande later het hulle die skokdiagnose gekry: Elah het ’n lewensgevaarlike mediese toestand – ’n bloedklont in die poortaar wat bloed aan haar lewer, milt, maag en pankreas voorsien.

View this post on Instagram

(2) En dan in dieselfde sin verduidelik sy vir my aan die hand van die woord hoe werk salwing? Nee man. Dis hoekom baie mense God nie wil ken nie, want ons is dan na Sy beeld geskape? Asseblief man, moet niks sê as God nie vir jou sê jy kan dit vir daai persoon sê nie, jou wysheid gaan niemand nêrens bring nie, waar God se bonatuurlike wysheid herstel bring. So gaan hoor eers wat sê God. Hy praat met elkeen van ons wat bereid is om Hom te HOOR. Die woorde wat op my hart geskryf staan, lyk nie soos jou woorde nie. En daarom dink ons dit wat vir my nie reg is nie, is vir jou ook nie reg nie, dan baklei ons. Maar dit moes nooit dieselfde gewees het nie omdat die openbaring wat jy dra uniek is en moet bydrae tot die reeds bestaande openbarings, sodat God in groter volheid openbaar kan word. Maar nou bakei ons as ons openbarings nie dieselfde lyk nie? Dis ‘n eindelose geveg wat niks tot stand bring nie en ons besig hou met alles behalwe ‘n REAL eie verhouding met God. My verhouding met God lyk baie soos my verhouding met my man. Ek baklei met Hom, ek lê teen Sy bors. Ek vra Hom baie vrae, ek vra Hom ook Hy moet meer praat. Ek praat met Hom terwyl ek tandeborsel, Hy hoor beter as Joe. Ek vra Hom troos my. Ek vra Hom oor kinders, oor siektes, oor armes, oor mense wat ek in die daaglikse verbygang ontmoet. Ek vra Hom ook oor die skepping, en oor die wiskunde in die woord. Ek vra Hom oor die ark van die tabernakel, die gesteentes, die gladde klippe by die dal, die erfdeel, die wolk van getuies. Ek vra Hom alles. Ek vra Hom ook om my dogtertjie asseblief gesond te maak.

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

 

In 2018 het Elah ’n terugslag gehad toe die are in haar slukderm en maag begin bloei en op 16 Februarie verlede jaar is sy uit die hospitaal ontslaan nadat ’n groot operasie om die vernoude aar met ’n aar van elders in haar lyfie te vervang onsuksesvol was.

“Ongelukkig is hierdie ook ’n harde werklikheid wat ons elke drie tot ses maande moet face,” skryf Karlien op Instagram by ’n foto waar Elah in ’n bababedjie in die hospitaal lê. Karlien vertel dat Elah meer in die teater “skop, slaan en skree" omdat sy weet wat op haar wag.

View this post on Instagram

Moet sê, die aksent is vir my vreemd??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

“Die kyk in haar smekende ogies wat my vra: ‘Hoekom laat jy hierdie toe, mamma?’ breek my hart in ’n miljoen stukke, want ek weet ek kan haar dit nie verduidelik nie,” voeg Karlien by.

“Hierdie hospitaalbesoeke laat my deur ’n warboel van emosies gaan, van daaraan dink om die saak verder te vat en die dokters wat op jou foute gemaak het, te laat betaal vir wat hulle aan jou gedoen het, tot: ‘Here vergewe my asseblief. Ek weet alles is steeds in U hand en in U wil’,” skryf Karlien.

View this post on Instagram

Gister ‘n muurklimmer, vandag ‘n madam

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

“Ek vra Hom troos my. Ek vra Hom oor kinders, oor siektes, oor armes, oor mense wat ek in die daaglikse verbygang ontmoet,” voeg sy by. 

“Ek vra Hom ook oor die skepping, en oor die wiskunde in die woord. Ek vra Hom oor die ark van die tabernakel, die gesteentes, die gladde klippe by die dal, die erfdeel, die wolk van getuies. Ek vra Hom alles. Ek vra Hom ook om my dogtertjie asseblief gesond te maak,” sluit Karlien die brief af.

Hoewel Elah se gesondheidskwessies soos duwweltjies op Karlien se pad is, bly sy opgewonde vir die nuwe baba wat spoedig op pad is. Karlien is 32 weke swanger en die baba sal Johannes Samuel Breytenbach heet. 

“Daar is ’n groot opgewondenheid wat heers. Elah en haar boeties sien haar ma se maag wat groei en Karlien praat gereeld met hulle daaroor. Elah is baie opgewonde,” vertel Ronel.