Elah sit alte gemaklik op die tafel terwyl haar sanger-mamma haar speels skrikmaak. 

“Elah skrik so groot aan die einde van die video, maar lag dan net weer,” skryf Karlien op Instagram. 

????Elah skrik so groot aan die einde v die video maar lag dan net weer????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

“Daai lag!!” skryf Karlien se man, Joe Breytenbach, by die video. 

Die sanger Franja du Plessis het ook kommentaar gelewer. “Baaaaie cute! Hahaha, shame sy het groot geskrik daai laaste keer!”

En is klein Elah nie net te oulik nie? Sy het Saterdag ses maande oud geword en haar ma het vir haar ’n pragtige boodskap geskryf.

“Ses maande oud vandag! Elah-pop, jy is die vriendelikste dogtertjie, jy word altyd wakker met die grootste glimlag,” skryf Karlien.

Verder af in die kommentaar laat weet Karlien vir ene Nadia Meyer dat sy graag nog ’n babatjie wil hê. “Ek wil ook gaan vir ’n vierde een! Hoop God seën ons met nog enetjie,” laat val sy. 

Karlien het ook twee seuns, Daniël en Eliah.