Dié inskrywing word aan Evah opgedra, die baba wat sy op 15 Januarie 2015 weens ’n miskraam verloor het. Karlien en haar eksman, Derick Hougaard, het klaar vir haar ’n naam gekies – en dié naam is nou op Karlien se linkerpols getatoeëer saam met die datum van die miskraam.
“Lief vir jou, Kalla,” het haar broer, Bobby, by die plasing geskryf.
Die sangeres Nádine, wat glo deesdae met Derick uitgaan, het sewe huil-ikone en drie hartjies by die plasing geskryf.
Die aktrise Christi Panagio het ook ’n hartjie by die boodskap gevoeg.
’n Paar aanhangers het ook hul stories op Instagram gedeel.
“Onthou daai dag saam met jou. My seuntjie is daardie dag gebore en my dokter was eers by jou voor sy my keiser gedoen het. Dink aan jou,” skryf een aanhanger.
“Ek het self ’n baba op vier maande van swangerskap verloor. Dis al vier jaar en dit voel nie asof dit enigsins beter word nie,” lui ’n ander inskrywing.
“Lief jou, my skat,” het Karlien se pa, Bob, geskryf.
In ’n onlangse onderhoud met Huisgenoot het Karlien gesê: “Evah sal altyd haar eie plek in my hart hê wat niemand sal kan vul nie.”
Karlien en haar man, Joe Breytenbach, het op 7 Oktober 2017 ’n babadogtertjie, Elah, ryker geword.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET