Sy het ’n foto gedeel waarin sy en haar babadogtertjie, Elah, salig lê en slaap.
“Hoeveel beter wil mens wakker word op jou verjaardag? Dankie Here vir gesondheid en ‘n gesonde gesin” het sy by die foto geskryf.
Gelukwensings van aanhangers en vriende het vir die Sing vir Liefde-sangeres ingestroom. Onder meer van die sangeres en vervaardiger Mynie Grove.
“Moooiste amazing Karlien...blom in al jou kleure; mag jou wortels altyd water kry, die son jou elke dag soen en die maan snags vir jou smile. Happiest jaardag”
Haar man die oud-rugbyspeler en sakeman het haar ook in die sosiale media geluk gewens met die mooiste foto van haar en haar vierjarige tweeling, Daniël en Eliah.
“Geluk met jou verjaarsdag love!! Dit was n magic jaar, besig.. maar magic!! Jy is amazing en lyk ook amazing.”
Intussen lyk dit of sy al te lekker vakansie hou saam met vriende en familie langs die see.
Ons hoop jy word sommer lekker bederf, Karlien! Geluk met jou verjaarsdag.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET