Maar haar vierjarige tweelingseuns, Daniël en Eliah, kan nie genoeg kry van hul sangeres-ma se musiek nie. Die seuns wil Sing vir Liefde nie net een keer nie, maar twee keer elke oggend in die motor op pad skool toe luister.

Sy bieg sy het nie tevore juis haar musiek vir haar tweelingseuns gespeel nie, maar hulle het Sing vir Liefde by hul maatjies by die skool geleer. 

Om ’n nuwe liedjie te leer, is dalk vir die seuns opwindend, maar hul ma het nou genoeg gehad. In die video wat Karlien met haar sowat 177 000 aanhangers op Instagram gedeel het, sê sy ook jammer vir al die ander ma’s wat in dieselfde penarie is.

"Hoe dit by ons werk is ons luister elke oggend voor ons by die skool kom Sing vir Liefde twee keer deur. Dis vir my erg. Ek wil aan elke ma daar buite sê aan wie ek dit gedoen het, ek is regtig jammer! Dis vir my ook moeilik. Asseblief, maatjies, net nie nog ’n oggend van Sing vir Liefde nie. Asseblief," het Karlien in die video grappig gesmeek. 

????????????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Hier is die musiekvideo van die liedjie waarvan Karlien se kleingoed nie genoeg kan kry nie: 

Karlien se seuntjies is regte woelwaters. Sy het onlangs ’n foto gedeel waar Eliah haar foon in die hande gekry het en haar en sy kleinsus, Elah, afneem. 

“Eliah besig om my af te neem terwyl ek op hom skree: 'Hou op foto's op my foon neem'. Ek het letterlik 1 000 foto's om te delete, ok 500, maar steeds,” het sy onderaan die kiekies geskryf.

In nog 'n video het die twee boeties weer hul ma se foon beetgekry. 

"Ek kan letterlik my foon nêrens laat rondlê nie. #Eliah het weer so 250 video's op my foon geneem. #enjaditis’nstukkiesnotondersyneusie," het sy onderaan die video geskryf. 

Karlien het onlangs op Instagram ’n lusmaker gewys van ’n nuwe musiekvideo wat sy in Parys geskiet het. En ons weet nie of ons oë ons bedrieg nie, maar dit lyk mos soos haar man, die gewese rugbyspeler Joe Breytenbach, wat ook gesig wys in die video. "Scooter rides in Parys. Dink nie iemand kan meer hou van iemand, soos ek van jou hou nie, Joeseph," skryf sy by die video.

Karlien se ma en bestuurder, Ronel Brink, wou nie meer oor die musiekvideo bekendmaak nie, maar het gesê dit word in Julie uitgereik.

Dankie vir my make-up en hair styling die naweek @suna1suna1 #nuwemusiekvideo

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on