“Ek het die naam in my gees gehoor, Johannes. 2 keer. O ja! By the way, dis ’n seuntjie. My man se naam is ook Johannes, maar hy is Johannes Christiaan Breytenbach,” skryf die sangeres. 

Karlien wat reeds die ma is van die 6-jarige tweelingseuns Daniël en Eliah (uit haar huwelik met Derick Hougaard) en haar en Joe se tweejarige dogtertjie Elah, het vroeër vanjaar aangekondig sy is weer swanger. 

“Ons was geskok, maar ook baie gelukkig daaroor – nie een van ons kinders was beplan nie. Maar dis wonderlike nuus en ons kan nie gelukkiger daaroor wees nie,” het sy toe vertel.

View this post on Instagram

Ek en Elah in ons eenderse voorskote van Tablier aprons ??????@tablier2019

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Volgens die sangeres wat alreeds op vier weke uitgevind het sy is swanger, wou sy eers nie vir Joe vertel dat sy al twee keer die naam Johannes gehoor het nie, want hy sal dadelik sê dis sy naam.

“Ek meen, mans hoor mos nou nie dadelik God se stem so duidelik soos vroue nie en mans hou daarvan dat die seun na hulle vernoem word. So ek besluit om die naam vir myself te hou en het ’n massiewe worsteling met God, want ek wil nie my kind Johannes noem nie!”

“So kom ek af op Johannes die doper wat die weg van Jesus berei het, net soos Elia ook ’n weg bereider was vir God. Met ’n Johannes in ons midde sal ons seker ook al hoe nader kom om die beloofde land in te trek, so deur die jordaan. Ons is opgewonde oor jou opwagting Johannes.”

View this post on Instagram

GO BOKKE!!!!!! ????????????????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

"Asseblief moet ons nie vroeg kom verras soos jou ander broers en sussies nie. Groei nou nog lekker hier in my baarmoeder, daar is genoeg tyd,” skryf sy. 

Sy het voorheen aan Huisgenoot vertel sy hoop die swangerskap sal goed verloop. 

“Almal weet van ons uitdagings met my vorige swangerskappe. Met elkeen van hulle het ek al voor 12 weke begin bloei. Tot dusver was die Here vir ons baie goed – ek het nog geen gesondheidsuitdagings ervaar nie,” het sy vertel. 

“My grootste wens is dat ek hierdie een ’n volle swangerskapstermyn kan dra. Die langste wat ek nog swanger was, was 32 weke – en elkeen van my kinders was ná hulle geboorte in die hoësorgeenheid."