Maandag het die koninklike familie vir ’n intergeloofseremonie ter ere van Statebondsdag in die Westminster-abdy byeengekom, berig Hello!.

Ten spyte van gerugte van ’n voortslepende vete is Kate en Meghan afgeneem waar hulle mekaar met ’n soen op die wang groet toe hulle by die diens aankom.

Prins William het die voormalige Suits-aktrise glo met 'n soen op albei wange gegroet.

koninklikes
Kate en Meghan omhels mekaar. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Meghan het asemrowend gelyk in 'n wit uitrusting wat deur Victoria Beckham ontwerp is, berig E! Online.

Kate het soos gewoonlik elegant gelyk in 'n Catherine Walker-toeknoopjasrok wat sy in 2014 in Nieu-Seeland gedra het.

Gerugte van onenigheid tussen die twee het aan die lig gekom nadat Kate glo tydens Meghan se trouvoorbereidings verlede jaar in trane was, berig News.com.

koninklikes
Kate en Meghan deel 'n ligte oomblik met William en Harry wat toekyk. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die skoonsusters het tydens 'n besoek aan die koningin se privaat Kersviering op haar Sandringham-landgoed in Norfolk vrede gemaak, het 'n paleisbron gesê.

“Kate het gesê sy voel Meghan het haar gebruik om die koninklike leer te klim,” het die bron gesê.

“Om onder dieselfde dak te wees het beteken hulle kon mekaar nie vermy nie.”

Bronne: E! Online , Hello!Daily Mail, News.com

Kom neem deel aan die gesprek.

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken in op ons nuusbriewe.