Die hertog en hertogin van Cambridge wil na die Karibiese eiland Mustique vlieg om die toekomstige koning se verjaardag te vier, berig Mirror UK.

 

Die gesin van vyf sal hul privaatheid kan geniet, want die privaat eiland dwing ’n vliegspersone af wat paparazzi verhoed om foto’s uit die lug te neem.

“Dit is ongelooflik privaat en ongelooflik diskreet, maar nie afgesonder nie. Hulle ken en vertrou die personeel wat daar werk en hulle is gewoontemense,” het ‘n koninklike bron aan The Sun vertel. 

Dit sal nie die eerste keer wees dat die koninklike egpaar die eiland besoek nie. Kate en William reis glo al jare na Mustique en dit is hul gunsteling- Karibiese bestemming, berig PEOPLE

Die trotse ouers het ’n nuwe portret van prins George uitgereik om die mylpaal voor sy verjaardag op 22 Julie te gedenk. 

Die hertog en hertogin is tans op hul somervakansie en neem ’n blaaskans van koninklike pligte, maar die twee sal in September weer op hul pos wees. 

Bronne: Mirror UK, The Sun, PEOPLE

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.