Die jonger broer van die hertogin van Cambridge, wat openlik oor sy stryd teen depressie praat, sê sy honde het sy lewe gered.

Die 32-jarige sakeman het nege honde: ’n golden retriever, twee cockerspanjoele, ’n swart labrador en vyf swart spanjoele. 

View this post on Instagram

Sunday soul cleansing ?? before??after ?? . #petsastherapy #dogsofinstagram #muddywalks

A post shared by James Middleton (@jmidy) on

“Honde beteken baie vir my,” het James al aan die Britse geselsprogram-aanbieder Lorraine Kelly gesê.

“Ek dink nie ek sou sonder my honde die selfvertroue gehad het om nou hier te sit nie. Ek kan dus sover gaan om te sê honde het my lewe gered.

James het ook onlangs ’n oulike foto van vier van sy diereliefdes op Instagram gedeel. 

"Sosialiseer tydens sosiale distansiëring, wie wil kom aansluit?" skryf James by die foto van sy hondekinders wat by 'n gedekte tafel sit. 

“Hulle is ongelooflike metgeselle, wat soms verder as mense kan help met rehabilitasie.”

En dit lyk of James se honde hom selfs gehelp het om liefde te vind.

Die Brit het onlangs verloof geraak aan die Franse finansiële ontleder Alizee Thevenet.

Die twee het mekaar glo ontmoet toe Alizee (30) James se cockerspanjoel Ella ’n vryfie gegee het. 

Hy het agterna vir haar ’n briefie saam met ’n kelner gestuur waarin hy haar vra om ’n drankie saam met hom te geniet.

James werk glo aan ’n dokumentêre program oor honde genaamd James Middleton’s Super Dogs.