Net ’n dag nadat hulle gewaar is waar hulle pous Francis saam in die Vatikaanstad ontmoet, het die paartjie Rome gaan verken. 

’n Bron na aan hulle het aan People gesê hul verhouding is nou sterker as ooit. 

“Dit gaan goed met Orlando en Katy. Hulle gaan weer eksklusief uit en dit lyk of sake ernstiger is. 

“Hulle is albei opgewonde daaroor en wil nie wegkruip nie, maar terselfdertyd probeer hulle ook hul privaatheid (behou).”

Honored to be in the presence of His Holiness @franciscus' compassionate heart and inclusivity. Thank you to @meditationbob and #TheCuraFoundation for making it all possible.????#UniteToCure

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Die bron sê verder Orlando is in sy noppies dat hy en die Swish Swish-sangeres weer bymekaar is. 

“Hul verhouding lyk nou sterker. Orlando het siek geraak van enkellopend wees. Dit is nie meer vir hom so aanloklik om met verskillende vroue uit te gaan nie,” het die bron bygevoeg.  

Volgens E! Online het die Bon Appétit-sangeres Instagram-stories van haar en Orlando se besoek aan die Colosseum in Rome geplaas. Hulle het teen mekaar aangeleun vir ’n oulike selfie in die bekende Romeinse teater. 

Gerugte dat die twee herenig is, het vroeër dié jaar begin loop toe ’n bron aan The Sun gesê het hulle sien mekaar weer.  

“Hulle gaan weer uit. Katy wil dit dié keer laat werk. Sy het probeer, maar sy kon hom nie afsny nie,” sê die bron. 

Volgens Harper’s Bazaar is die minnaars in Januarie 2018 by die weelderige oord Amilla Fushi in die Maledive gesien vakansie hou. 

Bronne: people.com, eonline.com, harpersbazaar.com, Thesun