Die 33-jarige popster erken in ’n onderhoud met Vogue Australia sy was verbaas met hoe swak haar 2017 album Witness deur die publiek aanvaar is. 

“Ek het oomblikke van omstandheidsdepressie gehad en my hart was gebroke verlede jaar,” sê Katie in die onderhoud. 

“Ek het onbewustelik soveel waarde geheg aan die publiek se reaksie en hulle het nie reageer soos ek verwag het nie . . . wat my hart gebreek het.”

Maar in plaas van verval in selfbejammering het die Roar-sanger ’n bewustelike besluit geneem om uit die ervaring te leer. 

“Musiek is my eerste liefde en ek dink die heelal het gesê: ‘Goed, jy praat oor selfliefde en egtheid, maar ons gaan jy deur nog ’n toets sit en enige soort beskerming van jou wegneem. Dan kyk ons hoeveel jy werklik jouself liefhet.” 

Die sangeres het ook vertel sy het vroeg in Januarie ’n week lank sielsondersoek by die Hoffman-instituut in Amerika gedoen. 

“Daar is baie mense wat hulself behandel deur waarde te heg aan gehore se reaksie, deur middels, deur gedurig van hul werklikhede weg te hardloop – ontkenning, ontrekking. Ek het dit vir ’n lang ruk gedoen.”

Die sangeres agter die treffer Swish Swish se nuwe zen-houding het haar gehelp om haar verhoudings en familie te waardeer, berig E News.

Bronne: Eonline.com, Newshub.co.nz, Vulture.com