Die 19-jarige Benjamin Glaze van Oklahoma het vooraf gebieg dat hy nog nooit ’n soen met iemand gedeel het nie en dat hy wil wag tot sy eerste verhouding om dit te doen. 

Katy se medebeoordelaar, die Amerikaanse countrysanger Luke Bryan, het die jong man gevra of hy al van tevore “ ’n meisie gesoen en daarvan gehou het” – ’n verwysing na ’n liriek uit Katy se trefferlied I Kissed a Girl.

Foto: Youtube
Foto: Youtube

Hy het toe laat val hy het nog nooit ’n meisie gesoen nie.

Dit is toe die 33-jarige sangeres, wat vir die eerste keer in die American Idol-beoordelaarstoel sit, hom vorentoe genooi het en hom gevra het om haar op die wang te soen.

Foto: Youtube

Hy het ietwat getwyfel, maar het dit toe gedoen.

Katy het toe haar gesig gedraai en die knaap onverwags op sy mond gesoen.

Foto: Youtube

En net so het hy sy eerste soen gehad – en glad nie soos wat hy beplan het nie.

Benjamin was op die oog af baie ongemaklik ná die voorval en het aan The New York Times gesê as sy hom vir ’n soen gevra het, sou hy waarskynlik nee gesê het. 

Foto: Youtube

“Ek was ’n klein bietjie ongemaklik. Ek wou dit vir my eerste verhouding spaar. Ek wou hê dit moet spesiaal wees,” het hy aan The New York Times gesê.

Mense het ook in die sosiale media hul stem dik gemaak oor Katy, wat in Julie hier in Suid-Afrika optree, se gedrag. Party het selfs so ver gegaan as om haar van seksuele teistering te beskuldig.

Benjamin het egter Katy later op Instagram verdedig en gesê: “Ek kla glad nie oor die soen van Katy Perry nie,” het hy op Instagram laat hoor.

“Ek dink nie Katy Perry het my seksueel geteister nie en ek is dankbaar vir die beoordelaars se kommentaar en kritiek. Ek was ongemaklik omdat ek nog nooit voorheen gesoen was nie en ek het dit nie verwag nie.”

Kyk hier om die soen te sien: 

En Twitter reageer:

Bronne: Metro.com, People.com