Sy Instagram-blad is vol foto’s waarop hy in die gimnasium gewigte optel of saam met sy drie kinders, Heaven (14), Hendrix (11) en klein Kenzo (1), baljaar. 

Maar Kevin gaan dinge van nou af beslis rustiger moet vat. 

View this post on Instagram

#Harts

A post shared by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Die akteur moet indringende en uitgebreide fisioterapie ondergaan ná ’n operasie aan sy rug weens ernstige beserings wat hy vroeër vandeesmaand in ’n motorongeluk opgedoen het.

’n Lang herstelpad lê voor, maar Kevin kan gerus wees dat Hollywood hom steun. 

Talle van sy glansvriende het hom beterskap toegewens, onder andere die rapper Ludacris, die akteur Terry Crews, sy Central Intelligence-medester Dwayne “The Rock” Johnson en sy medester in The Upside Bryan Cranston.

kevin hart,komediant,gesin
Saam met sy vrou, Eniko, en hul seun, Kenzo (in sy arms). By hulle is sy twee kinders uit ’n vorige huwelik, Heaven en Hendrix. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 40-jarige komediant het glo voor in die passasiersitplek van sy 1970-Plymouth Barracuda gesit toe dit in sy tuisstad, Calabasas, van die pad af geswenk, deur ’n heining gebars en in ’n sloot beland het. 

Luidens berigte het Kevin se vriend Jared Black (28) bestuur met Kevin en Rebecca Broxterman (31) as passasiers. 

Rebecca is Jared se verloofde en Eniko (35), Kevin se vrou, se persoonlike afrigter. 

Die polisie ondersoek of spoed dalk die ongeluk veroorsaak het. Ooggetuies beweer hulle het eers skreeuende bande en toe ’n harde slag gehoor.

IETS IS NIE PLUIS NIE

Die akteur het ná die ongeluk glo die toneel verlaat; luidens berigte het sy sekuriteitspan hom na sy huis geneem. 

Eniko, ’n eertydse model, het die nooddienste van daar af gebel. 

kevin hart,komediant,ongeluk
Kevin het die motor, wat hy die bynaam Menace gegee het, in Julie vir homself gekoop as ’n 40ste verjaardaggeskenk. Foto: Instagram/@kevinhart4real

Al beweer nuusagentskappe Jared het bestuur, loop gerugte dat Kevin self agter die stuur was en dalk van die toneel gevlug het omdat hy dronk was. 

’n Ooggetuie wat eerste op die toneel was, beweer hy het gesien hoe Kevin se veiligheidswag hom deur die bestuurderskant se ruit uithelp voor hulle weggejaag en Jared en Rebecca vasgekeer in die voertuig gelos het. 

In ’n noodoproep wat op die toneel gemaak is, noem die beller hy het net twee mense (Jared en Rebecca) gesien en verduidelik in die klankopname albei is “by hul bewussyn”, maar “bang, want hulle is binne vasgekeer”. 

BRONNE: TMZ.COM, POPCULTURE.COM, EONLINE.COM, HEAVY.COM, HARPERSBAZAAR.COM, COSMOPOLITAN.COM, VARIETY.COM, DAILYMAIL.CO.UK, FOXNEWS.COM, THESUN.CO.UK, PEOPLE.COM, EONLINE.COM, USMAGAZINE.COM, INSTAGRAM, YAHOO.COM
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.