Maar sedert Khloé (33) op 12 April die lewe geskenk het aan hul dogter, True, lyk dit of die band tussen haar en Tristan (27) sterker as ooit tevore is.

“Khloé het Tristan vergewe dat hy haar verkul het en dit was nie moeilik om te doen nie, want hy het ná True se geboorte in die hospitaalkamer gehuil,” vertel ’n bron aan Us Weekly.

Khloe en Tristan saam gekiek. Foto: RealTime Images/Mega

“Hy het vir haar gesê hy is verlig dit het uitgekom en hy dink hy wou eintlik uitgevang word.”

Maar Khloé se familie sluk nie Tristan se storie nie. Volgens iemand in die binnekring het “haar besluit om by Tristan te bly wrywing veroorsaak. Haar familie het haar weke laas besoek.”

Khloé se ouer suster, Kim Kardashian (37), het onlangs laat val die basketbalspeler het haar in die sosiale media geblok nadat sy vir die kletsprogramaanbieder Ellen DeGeneres gesê het die hele situasie is “so opgef**”.

Khloe en haar kleinding, True. Foto: Great Stock/Splash NEWS

Tog lyk dit of die drama die nuwe ma min pla, want sy is meer behep daarmee om haar lyf terug te kry.

“Toe ek myself in die eerste paparazzi-foto’s ná die swangerskap sien, kon ek nie glo hoe groot my boude lyk nie,” het sy in ’n onlangse inskrywing op haar webtuiste erken.

??Happy One Month True ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Khloe en Tristan se eersteling, True. Foto: Instagram

“Ek is opgewonde, want my dokter het eindelik gesê ek kan vandeesweek begin oefen.

“Ek het letterlik die dae afgetel.”