Foto: Getty Images/Gallo Images
Kim Kardashian het in Februarie ná ’n huwelik van ses jaar ’n egskeiding van die rapper Kanye West gevra. Foto: Getty Images/Gallo Images

Sy het in Februarie ná ’n huwelik van ses jaar ’n egskeiding van die 44-jarige rapper gevra.

Hy is die pa van haar vier kinders, North (7), Saint (5), Chicago (3) en Psalm (2). Sy het teenoor haar susters gekla oor Kanye wat nou uit Kalifornië na ’n plaas in Wyoming trek.

“Ek kan dit eerlikwaar nie meer doen nie,” het sy gesê.

“Hoekom sit ek ná al die jare steeds in hierdie posisie? Hy trek elke jaar na ’n ander staat, en ek moet kophou sodat ek die kinders kan grootmaak? En hy’s ’n wonderlike pa; hy kwyt hom uitstekend van sy taak.

“Kanye verdien iemand wat hom kan ondersteun met elke skuif wat hy maak en hom kan volg waar hy ook al gaan en wat Wyoming toe kan trek. Ek kan dit nie doen nie.”

Ek voel soos ’n f***** mislukking, omdat dit ’n derde f***** huwelik is. Ek voel soos ’n f***** verloorder. Maar ek kan dit nie bekostig om so te dink nie, want ek wil gelukkig wees.

Kim (40) het erken sy voel soos ’n “mislukking” en “ ’n verloorder”, omdat haar derde huwelik ook nou op die rotse is.

“Ek voel soos ’n f***** mislukking, omdat dit ’n derde f***** huwelik is. Ek voel soos ’n f***** verloorder. Maar ek kan dit nie bekostig om so te dink nie, want ek wil gelukkig wees.”

Die televisiester was tussen 2000 en 2004 met die musiekvervaardiger Damon Thomas (51) getroud, en van 2011 tot 2013 met Kris Humphries (36).

Kanye West en Kim Kardashian. Foto: Getty Images/
Kanye West en Kim Kardashian. Foto: Getty Images/Gallo Images

Volgens E! News voel Kim asof sy nou weer die emosionele skeuring herleef. 

“Die finale episode en dramatiese aflewering van Keeping Up With the Kardashians is baie vir haar om in te neem omdat sy daaraan herinner word,” vertel ’n bron na aan Kim eksklusief aan E! News.

Die bron sê dat sy “ontsteld raak” wanneer sy aan die egskeiding dink en wanneer die onderwerp bespreek word.

“Sy het haar op- en af oomblikke, veral wanneer sy terugdink aan haar gelukkige tye saam met Kanye,” vertel die bron.

Kim het “beslis” aanbeweeg en dit gaan oor die algemeen goed, sê die bron, maar “dit is soms vir haar hartseer om te dink dat die kinders hul ouers se skeisaak moet ervaar”.

“Sy probeer alles agter haar sit en is regtig gefokus op haarself, die kinders en haar toekomsplanne,” verklap die bron verder.

Volgens die persoon voel Kim dat dit die beste is dat sy en haar rapper-eks nie op die oomblik met mekaar praat nie.

Kanye was na bewering onlangs ’n paar keer in Los Angeles om sy kinders te sien. Hy het hulle ook uitgeneem vir dagaktiwiteite. Tog het hul kroos hul pa vanjaar nog net ’n paar keer gesien. In plaas van persoonlike besoeke, koördineer hul oppassers die kinders met FaceTime en bel hulle, vertel die bron.

“Dit was moeilik. Hy het regtig gefokus daarop om musiek te skep in Wyoming en op sy modereeks, en hy het baie gereis.

“Die kinders is gewoond aan die situasie en is baie gewoond daaraan om by Kim in Los Angeles te wees.”

Kim en Kanye, wat in 2012 begin uitgaan het en in
Kim en Kanye se vier kinders is van links: North, Chicago, Psalm and Saint. Foto: Instagram/ Kim Kardashian

Terwyl Kim en Kanye hul individuele lewens aanpas, onthul ’n aparte bron eksklusief dat Kim op die oomblik met niemand uitgaan nie.

“Sy wil graag iemand plat-op-die-aarde en normaal ontmoet,” sê ’n bron aan E! News. 

“Dit het nog nie gebeur nie. Sy is nie haastig nie en is gelukkig om enkellopend te wees. Sy wil weer iemand vind, maar dit moet die regte persoon wees.”

Soos altyd is Kim se grootste prioriteit haar kinders en om ’n goeie ma te wees, voeg nog ’n by.

Sy het juis onlangs op 8 Junie, op Kanye se 44ste verjaardag, in die sosiale media ’n foto van haar, Kanye en drie van hul kinders gedeel. “Veels geluk met jou verjaardag. Vir ewig lief vir jou!” het sy by die kiekie geskryf wat sy met haar 227 miljoen Instagram-volgelinge gedeel het.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, MIRROR.CO.UK, PAGESIX.COM, HOLLYWOODREPORTER.COM, TMZ.COM, PEOPLE.COM, EONLINE.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.