Kokkedoor se Leroux is verloof en verkoop melkterte by dosyne

akkreditasie

Net die vorige dag het hy ’n plasing op sy openbare Facebookblad gemaak van ’n bos blomme wat hy gekry het van Stefan van der Merwe om hom geluk te wens met sy melktert- en koekbakonderneming. Die inskrywing is nou besig om vlam te vat op Facebook.

“Mense het twee en twee bymekaargesit en die boodskappe het ingestroom. Maar daar was ook lelike dinge in my inbox. Binne minute het 28 mense my op Facebook unfriend. Maar ek is 100% oukei,” vertel die 52-jarige predikantskind van Langebaan aan die Weskus. Hy en Stefan is al 'n jaar in 'n verhouding. Hulle het onlangs verloof geraak.

“Almal wat moet weet, weet dit al vyf jaar,” voeg hy by. Dis nie asof sy eksvrou en kinders dit nou eers uitgevind het nie. “Ek het net vir myself gesê: ‘Leroux, kry dit nou uit daar buite en verby. As mense jou afskryf en vloek, is dit ook oukei.’

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees