Koningin Elizabeth (93) was onlangs Meghan (37) en prins Harry (34) se eerste gas in hul nuwe huis, Frogmore Cottage, langs Windsorkasteel. 

Haar majesteit wou die Sussex-egpaar formeel in hul nuwe tuiste verwelkom, sê ’n koninklike bron.

“Hulle het immers in haar agterplaas ingetrek,” sê dié bron.

WINDSOR, UNITED KINGDOM - MAY 17: (EMBARGOED FOR P
Koningin Elizabeth (93). Foto: Getty Images

Volgens die bron het Harry en Meghan, wat binnekort aan hul eersteling die lewe skenk, die koningin in hul tuiste rondgewys. 

“Die koningin was oor die Paasnaweek by Windsorkasteel en wou Meghan sien voor sy die baba het.”

Dit lyk asof die koningin ook nie meer kan wag vir die nuwe toevoeging tot die koninklike familie nie. 

Bronne: The Sun, Mirror