Die 93-jarige monarg is glo ’n taamlik goeie nabootser, volgens Angela Kelly, haar persoonlike assistent. 

Die monarg is nie net goed met ander mense se aksente naboots nie; sy het ook ’n “skerp humorsin,” vertel Angela. 

“Sy kan alle aksente namaak – myne inkluis,” sê die boorling van Liverpool wat amper twee dekades nou met die heerser saamwerk. 

Haar Majesteit se passie vir nabootsings het tydens die Tweede Wêreldoorlog se ontruimings ontstaan en haar gunstelingstreekaksent, wat sy baie goed naboots, is die Scouse – of Liverpolitaanse – aksent. 

’n Koninklike bron vertel “sy doen ’n goeie Scouse aksent . . . en dis baie goed, asook ’n Ierse en Amerikaanse aksent”. 

Volgens Hello! is dit maar een van haar vele verskuilde talente, waarvan nog een fotografie is. Sy het ook tydens die Tweede Wêreldoorlog as ’n junior offisier gedien. 

Bronne: Mirror, Express UK, Hello!