Die troue, waarna met groot afwagting uitgesien word, is oor net twee maande, en haar majesteit het Woensdag tydens ’n vergadering van haar raadgewers, die “Privy Council” by die Buckinghampaleis haar formele aankondiging oor die egpaar se troue gegee, berig E! News

My Lords, I declare My Consent to a Contract of Matrimony between My Most Dearly Beloved Grandson Prince Henry Charles Albert David of Wales and Rachel Meghan Markle, which Consent I am causing to be signified under the Great Seal and to be entered in the Books of the Privy Council,” het die monarg (91) verklaar.

Die koningin het ook ’n brief geskryf ter goedkeuring van Kate Middleton en prins William se troue in 2011.

Maar party koninklike volgelinge het hul wenkbroue gelig oor die “verskille” tussen haar brief vir die voormalige Suits-aktrise (36) en Harry (33) en die een wat sy vir die hertog en hertogin van Cambridge geskryf het. 

Toe die koningin voor William (35) en Kate (36) se troue haar toestemming gegee het, het sy na die twee verwys as “Our Most Dearly Beloved Grandson Prince William Arthur Philip Louis of Wales, K.G. and Our Trusty and Well-beloved Catherine Elizabeth Middleton”. 

Maar in Meghan en Harry se brief verwys die koningin net na die toekomstige bruid op haar volle naam, Rachel Meghan Markle, sonder enige “Trusty” of “Well-beloved”. 

Al is dit duidelik dat die verklarings verskil, was die Britse monarg glad nie oneerbiedig nie. 

Harper’s Bazaar berig sy sal nader aan hul troue ’n persoonliker boodskap skryf. 

Dus lyk dit nie of daar krapperigheid tussen die paartjie en die koningin is nie. 

Harry, Meghan en haar majesteit het trouens Sondag ’n intieme middagete geniet voor hul eerste koninklike verpligting saam, berig ABC News

Al is die brief baie omslagtig, berig Entertainment Daily dit is glad nie ongewoon nie. 

Volgens die Wet op Koninklike Huwelike van 1772 moet alle direkte afstammelinge van koning George die heerser se toestemming verkry om te trou. 

Bronne: eonline.com, entertainmentdaily.com, harpersbazaar.com, entertainmentdaily.com, twitter.com/GMA