Philip en koningin Elizabeth II se seun, prins Andrew, het in 1986 getrou en in 1996 geskei na steelfoto’s in die media verskyn het waar Fergie se tone deur ’n ryk sakeman gesuig word.

En alhoewel dit nou al jare terug gebeur het, wil Philip glo steeds niks met Fergie, die hertogin van York, te doen hê nie.

Sarah Ferguson. Foto: Getty Images
Sarah Ferguson. Foto: Getty Images

Dit was die onlangs weer duidelik toe Fergie geforseer is om haar somervakansie saam met die res van die koninklike familie by Balmoral kort te knip toe Philip sy opwagting gemaak het.

Fergie het verlede Donderdag by Balmoral aangekom, maar moes weer die afgelope naweek op ’n vlug terug na Londen klim toe Philip daar aangekom het.

“Vorige jare moes die hertogin ’n dag voor Prins Philip se koms Balmoral verlaat,” vertel ’n bron aan Daily Mail.

“Vanjaar het hy ’n hele paar dae vroeër as aanvanklik verwag daar aangekom, so die hertogin het die plek verlaat,” vertel die bron. 

Prins Philip
Prins Philip. Foto: Getty Images

Koningin Elizabeth het ses jaar terug toegelaat dat Fergie weer van die familie se somervakansies by Balmoral  kan deel wees. 

Gerugte doen die ronde dat Andrew en Fergie, wat twee dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie, het, weer in ’n verhouding is – iets wat die koningin glo goedkeur. 

“Die koningin wil hulle by Balmoral as ’n familie hê en dit is haar private manier om haar goedkeuring te gee.”

Bronne: MirrorSun, Daily Mail